Woord van die Week
Woord van die Week

Woord van die Week

snol ww., het gesnol; byvoeglik en bywoordelik snollende, snollend. (geselstaal)

Voluit hardloop: Die troppie (jong rugbyspelers) lyk sommer baie ingenome met hulself ... 'n Lat ... snol langs die kantlyn af (Netwerk24, 22 Mei 2013, E). Hy (die klein hondjie) en die swart Deense hond het smôrens oor die werf gesnol. Groot draaie gemaak en esse gegooi (Netwerk24, 17 Aug. 2016, E). Ek … het toe met daai paadjie af brug toe gesnol (Weg, 13 Aug. 2012, E).

Verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

www.wat.co.za

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer