Wonderwerke gebeur nog
Tanja Bause - Kom ek vertel vir julle die storie van drie vriendinne, Betsie, Ilse en Donna, wat Suid-Afrika toe wou vlieg om twee van hulle se verjaarsdae met ’n welverdiende vakansie te vier.
Betsie en Ilse verjaar ’n paar dae uitmekaar. Die drie vriendinne is al amper so lank vriende as wat hulle leef. Die vliegkaartjies is bespreek, akkommodasie en vermaak is gereël.
Dié drie moet egter eers van hul dorp af Windhoek toe reis sodat hulle op die dag wat hulle na die buurland vlieg, 06:00 by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako kan wees.
Alles verloop glad en die drie is vir een nag by ’n hotel in Windhoek ingeteken. Hul vriende in Windhoek hoor die drie is op die dorp en dít is waar dinge erg begin skeefloop.
“Ons kry julle vir een bier,” was die plan.
Almal weet tog een bier word ’n bottel wyn en dít kan in ’n gróót kuier ontaard.
Wat presies is wat toe gebeur het.
Terug by die hotel stel al drie hul wekkers vir 05:30 die volgende oggend.
Die volgende oggend toe Betsie wakker skrik, skyn die son en die voëltjies sing al.
Dis 07:40. Betsie raak yskoud en hardloop na Donna toe om haar wakker te maak. Donna begin histeries gil.
“Ons gaan nié die vlug mis nie,” sê sy terwyl sy uit die bed spring, by Betsie verbyhol, in die hysbak spring en na Ilse se kamer hol.
Terwyl sy die deur probeer afbreek, besef sy sy het net ’n T-hemp aan. Nie ’n baie lang een nie.
Ilse maak deurmekaar die deur oop en die trane sit vlak.
Al wat sy uitkry, is: “Dis als te laat. Daar gaan alles.”
“Nee, trek aan, ons gáán die vlug haal,” hou Donna vol. Sy draai om en hol terug na haar kamer.
Die drie is toe voor jy kan sê “mes!” in hul gehuurde kar op pad lughawe toe.
Betsie is agter die stuur. Ilse gee instruksies van agter.
Op die lughawe moet hulle nog die gehuurde kar teruggee. ’n Entjie van die lughawe af word planne beraam. Betsie gee die voertuig terug, Ilse gaan soek iemand wat hulle kan help om op die vliegtuig te kom, en Donna is vir die bagasie verantwoordelik.
Die kar het nog nie eers behoorlik tot stilstand gekom toe Ilse al die gebou inhardloop. Donna baklei met die bagasie en Betsie gee die voertuig terug.
Toe Donna in die gebou inkom, is daar net een siel te vinde. Die gebou is spookagtig leeg en stil. Agter een toonbank sit ’n vrou. Donna hol na haar toe en begin smeek al van ver af.
“Asseblief, ons móét op daai vlug! Ons los die bagasie net hier! Ons móét net vlieg!”
Ilse kom van voor af en die trane sit nog vlakker as vroeër. Betsie het ook by hulle aangesluit en die drie is nou histeries.
Die vrou by die toonbank hou haar handpalm op en klim op die foon. Al wat hulle hoor, is: “Ja, asseblief. Nou-nou. Nee, nie lank nie.”
Die dame sit die foon neer en sê vir die drie om te hardloop, die vlieënier wag.
“Ons het gehardloop asof ’n trop hondsdol renosters ons jaag en toe doodmoeg in ons stoele neergesak. Terwyl die ander passasiers grootoog vir ons staar, is die deur toegemaak en ons styg op.
“Die lugwaardin het later na ons toe gekom en gesê: ‘Julle is baie gelukkig. Die vlieënier wag vir niémand nie. Hoekom sy vandag besluit het om te wag, weet niemand nie.’”
Die drie is toe vir ewig dankbaar teenoor die vrou by die lughawe en Air Namibia, wat dit moontlik gemaak het dat hulle nie net ’n wonderlike vakansie kon hou nie, maar ook twee baie lekker verjaarsdae kon vier.
Wonderwerke gebeur wragties nog.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie