Woede ná hondjie se ore gesny is

11 February 2020 | Misdaad
Erwin Leuschner – Die Walvisbaai-gemeenskap was Sondag in oproer ná ’n baba- Amerikaanse veghond (pittbull) se ore op Independence Beach geskend is.

Inwoners dring daarop aan dat die skuldiges strafregtelik vervolg word weens dieremishandeling.

Die polisie het egter gesê die sny van die hondjie se ore hou met “tradisionele” praktyke verband.

Nuus van die voorval het Sondag soos ’n veldbrand aan die sentrale kus versprei.

“Ons het die saak ondersoek en niemand is in hegtenis geneem nie,” het insp. Ileni Shapumba van die polisie in die Erongostreek gesê.

Die polisie se woordvoerder vir die streek, hoofinsp. Daniel Gurirab, het dit bevestig en gesê: “Niemand het tot dusver ’n saak geopen nie.”

Volgens Shapumba was die voorval “nie ’n direkte geval van dieremishandeling nie”.

“Dit is ’n tradisionele manier van genesing. As ’n dier nie wil eet nie, word ’n klein gedeelte van sy ore verwyder om die dier te genees of te behandel,” het hy verduidelik.

Die wonde word daarná in soutwater gewas, wat ook in die betrokke geval gedoen is.

Inwoners het die beseerde hondjie op die strand gesien en foto’s geneem, wat op verskeie sosialemediaplatforms gedeel is.

“Sulke tradisionele praktyke kom elke dag voor. Dit is waarom baie honde in verskillende gebiede in dorpsdistrikte rondhardloop van wie die ore gesny of die stert verwyder is,” het hy gesê.

Shapumba het dit met ’n tradisionele gebruik by beeste vergelyk.

In dié geval word bulle se testikels geskei, wat hulle glo groter en sterker maak.

“Dit is presies dieselfde ding.”

Volgens Shapumba sal daar om dié rede geen saak geopen of persoon in hegtenis geneem word nie.

Hy het die voorval wel as “ongelukkig” beskryf.

“Die dierebeskermingsvereniging (DBV) moet inwoners van hierdie tradisies bewus maak om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom. Wanneer inwoners weet hulle kan deur die DBV gehelp word, sal hulle eerder soontoe gaan,” sê hy.

Die Walvisbaaise DBV wou nie oor die voorval kommentaar lewer nie.

“Die saak is in die polisie se hande. Sodra die ondersoek afgehandel is, sal ons ’n verklaring uitreik,” het mnr.

Alfred Schmidt van die DBV gesê.

Schmidt het wel die versekering gegee dat dié hondjie en ’n ander hond wat in ’n soortgelyke voorval beseer is, veilig is en versorg word.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

5 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

5 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

5 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

5 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

5 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

5 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

5 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

5 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

5 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...