Wittmann (93*) blink in sege – volgende Kenia

Suné Wittmann se kolftotaal is die hoogste wat enige kolwer nóg in ’n internasionale T20-wedstryd vir die nasionale vrouespan geslaan het.

08 June 2021 | Sport
Tielman van Lill – Die Capricorn Eagles, Namibië se nasionale senior vrouekrieketspan, het vandag sy onoorwonne veldtog in Kigali, Rwanda, by die Kwibuka T20-toernooi voortgesit toe hulle in hul derde kragmeting vir Botswana met 65 lopies oordonder het.
Namibië het eerste gekolf en 155 vir die verlies van net een paaltjie in hul toegelate 20 boulbeurte gemoker.
Suné Wittmann, wat as speler van die wedstryd gekroon was, het die grootste skade met 93* van 60 aflewerings aangerig. In die proses het sy nege viere en drie sesse grenstou toe gejaag.
Wittmann se kolftotaal is die hoogste wat enige kolwer nóg in ’n internasionale T20-wedstryd vir die nasionale vrouespan geslaan het, het Krieket Namibië se raaadslid vir die vrouespel, me. Hester Khan, bevestig. Dit is ook loshande die hoogste individuele telling van die toernooi sover.
Die paaltjiewagter Yasmeen Khan (31* van 29 b, 3x4) het enduit saam met Wittman die Botswana-boulaanval geteister.
Botswana kon slegs met 90/7 in 20 boulbeurte antwoord.
Kayleen Green (2/16 in 4 boulbeurte) en Victoria Hamunyela (2/11 in 4, 1 leeg) het die Eagles se boulwerk van die voorpunt gelei. Hulle is goed deur Sylvia Shihepo (1/13 in 3), Irené van Zyl (1/13 in 4) en Reehana Khan (1/19 in 2) bygestaan.
• Die rondomtaliefase eindig vandag wanneer die onoorwonne Namibië (drie gewen) en Kenia (twee gewen) se paaie kruis.
Die feit dat beide spanne feitlik verseker van die halfeindronde is, sal geen afbreuk doen aan hul ambisie om vandag as wenners van die veld te stap nie.
Kenia het gister vir Nigerië tot 108/5 beperk en het toe met agt paaltjies gewen (elf balle oor). Veronica Abuga (33) het die eerste ses van die toernooi geslaan.



FOTO’s: Twitter (@RwandaCricket) en Krieket Namibië

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

22 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...

Gweri Vintage Collection – the brand that keeps on...

2 dae gelede | Mense

Zulu Boy sets the trend for creativity Created by Namibians for international consumption The Gweri Vintage Collection is a brand focused on providing exclusive and...