Windhoekers kniediep in die skuld

Skole se dienste herstel

06 August 2019 | Regering
Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen in agterstallige rekeninge.

Akwenye het gister by navraag aan Republikein gesê: “Ja, dit is waar.”

Dié skuldenaars is individue, besighede en regeringsinstellings.

Die jongste skuldskok kom dae nadat minstens 10 Windhoekse skole se water- en kragtoevoer weens N$55 miljoen se agterstallige rekeninge opgeskort is.

Me. Sanet Steenkamp, uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, het gisteroggend op Good Morning Namibia, die NBC se ontbytprogram, gesê reëlings is getref om teen later vandeesweek N$30 miljoen van die agterstallige skuld te vereffen.

Die opskorting van water- en kragtoevoer na die 10 skole in die hoofstad het verlede week geskied te midde van leerlinge wat besig is met eksamen.

Steenkamp sê die onderwysministerie het aanvanklik gereken CoW se berekeninge was verkeerd. Die N$55 miljoen is egter reg bereken, het sy bevestig.

Volgens haar het streekonderwysdirekteurs ’n reusetaak – hulle moet dikwels kies wat om te prioritiseer tussen munisipale rekeninge, spysenieringsuitgawes van koshuise, en handboeke en ander uitgawes.

Geld van die sentrale regering word boonop soms laat ontvang en is soms minder as wat verwag word, sê sy.

Dit plaas aanvullende druk op hulpbronne.

Steenkamp het ’n beroep op leerlinge, onderwysers en koshuis- en ander ondersteuningspersoneel gedoen om meer te doen om water en krag te bespaar.

Een van die moontlike oplossings om eienaarskap van die besteding en beheer te probeer bevorder, is om voorafbetaalde meters in te stel, sê sy.

Verlede week se geraakte skole was Laerskool Aus, die Gekombineerde Skool Tobias Hainyeko, Hoërskool Concordia, Hoërskool A. Shipena, Hoërskool Academia, Windhoek Hoërskool, Hoër Tegniese Skool, Dagbreek en Laerskool Namibia.

Dit is veral betreurenswaardig dat selfs ’n skool wat kinders met spesiale leerbehoeftes het weens die omstandighede moes ly, het Steenkamp gister gesê.

’n CoW-bestuurslid het laat verlede week op voorwaarde van anonimiteit gesê dit is jammer die stadsraad moet sulke drastiese stappe doen, maar dit is dalk die enigste manier om skuldenaars te dwing om hul rekeninge betyds te vereffen.

[email protected]

Soortgelyk

 

Chasing your dream

9 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

9 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

9 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

9 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

9 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

9 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

9 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...