Windhoek word kern vir inligting oor klimaat

Wetenskaplike oplossings ondersoek

27 September 2019 | Omgewing
Augetto Graig



Verskeie Afrikalande het gister by die Hilton Hotel in die hoofstad hul toewyding aan die Sasscal-vennootskap met Duitsland bevestig.

Sasscal is die Suider-Afrikaanse Wetenskaplike Dienssentrum vir Klimaatsverandering en Aanpassende Grondbestuur.

Die Afrikalande wat dié vennoot­skap bevestig het, sluit Namibië, Angola, Zambië, Botswana en Suid-Afrika in.

Sasscal het sedert 2012 altesaam 88 navorsingsprojekte met behulp van finansiering van Duitsland in die Suider-Afrikaanse lidlande voltooi.

By gister se geleentheid is 'n verdrag onderteken waarvolgens Sasscal omskep sal word in 'n internasionale organisasie wat deur Afrikalidlande gefinansier sal word.

Die dienssentrum se hoofkantoor sal in Windhoek wees.

Volgens Namibië se minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, is die land tot Sasscal verbind, wat tans as 'n artikel 21-nieregeringsorganisasie in Namibië geregistreer is.

Sasscal speel 'n belangrike rol in die streek se soeke na wetenskaplike oplossings vir die impak van klimaatsverandering en in die verbetering van lidlande se burgers se lewensgehalte, het !Naruseb gesê.

Die minister het dié verdrag namens Namibië onderteken.

Minister Maria do Rosario Bragança Sambo het namens Angola geteken, hoë kommissaris Tshenolo Modise namens Botswana, hoë kommissaris Stella Libongani namens Zambië en prof. René Haak namens Duitsland.

Suid-Afrika is nie by die geleentheid verteenwoordig nie en sal die verdrag in 'n latere stadium onderteken.

Volgens Sasscal se uitvoerende direkteur, dr. Jane Olwoch, is die uitgerekte droogtes en skielike vloede in Suider-Afrika direkte gevolge van klimaatsverandering.

Met die ondersteuning van die betrokke Suider-Afrikaanse lande sal Sasscal nou toegang tot verskeie befondsingsgeleenthede hê, het Olwoch gesê.

“Dit is nou ons verantwoordelikheid om toepaslike wetenskaplike inligting aan julle te verskaf sodat julle doeltreffende besluite kan neem,” het sy gesê.

Me. Anna Shiweda, Sasscal se adjunkvoorsitter en Namibië se adjunkminister van landbou, water en bosbou, het gesê klimaatsverandering is 'n ernstige wêreldwye ver­skynsel wat streek- en plaaslike ingryping vereis.

Haak, wat Duitsland se ministerie van hoër onderrig verteenwoordig het, het gesê hulle is toegewy aan 'n langtermynverhouding met Sasscal vir minstens die volgende 10 jaar.

Hy het gesê 'n versoek vir €10 miljoen se finansiering vir 'n tweede ronde navorsingsprojekte oor die volgende drie jaar is reeds gerig.

Die Duitse ministerie het ook €3 miljoen toegestaan aan opleiding en kapasiteitsbou om inligting van beter gehalte te kan insamel.

Haak het gesê die Sasscal-hoofkantoor sal Windhoek in 'n datakern vir die streek omskep.

Hy is veral trots daarop dat Sasscal reeds opleiding aan meer as 160 jong wetenskaplikes in die Afrikalidlande verskaf het.

Die sentrum spog ook met 154 outomatiese weerstasies in die onderskeie Afrikalidlande en 54 biodiversiteits-moniteringstasies, wat onmiddellike data kan verskaf.

Die rou data word verwerk en omskep in dienste en produkte gemik op die verligting van klimaatsverandering in die streek se impak.

Sasscal bied reeds landbouprodukte soos nuwe saadtipes vir gewasse in Angola, ontbossingsoplossings in Botswana en byeboerderytegnieke in Zambië. [email protected]

Soortgelyk

 

Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou

6 ure gelede | Ongelukke

'n Valskerm-ongeluk het die lewe van 'n Chinese vrou, me. Ran Lei (33), Sondagmiddag geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval...

Frankfurt-vlugte het hervat

7 ure gelede | Vervoer

Air Namibia se vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland het hervat.Die Airbus A330-200 is ná die vlerkskade tydens ‘n ligte botsing Saterdagaand by die...

Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood

7 ure gelede | Misdaad

‘n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ‘n graaf aangeval het, terwyl ‘n driejarige meisie wat hy...

Man vas oor 'diamantsmokkelary'

8 ure gelede | Misdaad

'n Nambiese man is Vrydag in verband met diamantsmokkelary op die grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië by Oranjemund in hegtenis geneem.Volgens die Namibiese polisie se...

Meer as N$6 miljoen se dagga in lorrie gevind

1 dag gelede | Misdaad

'n Lorriebestuurder (24) en sy 34-jarige medebestuurder is Saterdag omstreeks 09:00 op die B3-hoofweg naby Grunau in hegtenis geneem. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse...

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

1 dag gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

1 dag gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...