Windhoek skuld NamPower niks
Windhoek skuld NamPower niks

Windhoek skuld NamPower niks

Die hoofstad spog met beter kontantvloei en minder skuld deur ’n beleid te volg wat van toepassing op al sy inwoners is.
Augetto Graig
Augetto Graig – Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, het Dinsdag met trots aangekondig dat die hoofstad se rekening by die nasionale kragverskaffer, NamPower, op datum is.

“Vanaf vandag skuld die stad nie ’n sent vir NamPower nie,” het hy gesê. “Ons balans staan op nul!”

Amupanda sê dit is ’n merkwaardige prestasie vir Windhoek se munisipaliteit om sy kragskuld uit te wis nadat die hoofstad op 27 Januarie verlede jaar N$268 miljoen aan NamPower geskuld het.

By die mediakonferensie het die strategiese uitvoerende beampte vir finansies by die munisipaliteit, me. Jennifer Comalie, bygevoeg die hoofstad het gemiddeld N$130 miljoen per maand vir kragvoorsiening aan NamPower betaal.

Sedert ’n ooreenkoms in Januarie 2020 bereik is, het Windhoek maandeliks tussen N$170 miljoen en N$180 miljoen betaal om die skuld te verminder en die lopende rekening ook te vereffen.

“Ons is nou op datum in terme van die agterstand en die lopende rekening,” het sy gesê.

Amupanda sê NamPower se besturende direkteur, mnr. Simson Haulofu, het hom persoonlik gebel om hom geluk te wens, omdat die kragverskaffer in die verlede met betalings geworstel het.

Aan Windhoek se inwoners het Amupanda gesê: “Julle kan trots wees op jul munisipaliteit. Gaan na Suid-Afrika en sien hoeveel skuld die stad Johannesburg vir Eskom. Gaan na Botswana, na Zimbabwe, julle sal nie ’n hoofstad vind wat nie kragskuld het nie,” sê hy.

Die prestasie is moontlik weens die stad se toewyding en toepassing van sy kredietbeheerbeleid, sê Amupanda. Hy dring aan op ’n kultuur van die betaling van dienste.

“As jy die diens ontvang, moet jy verantwoordelikheid neem en daarvoor betaal. Dit maak nie saak of jy vir vryheid geveg het nie,” sê hy.

Die hoofstad moes laas week verskeie ministeries se elektrisiteit weens wanbetaling afsny.

“As die regering betaal, betaal almal. As die regering nie betaal nie, sal inwoners sê hoekom moet ek dan betaal,” sê Amupanda.

“As die ministerie van landbou (water en grondhervorming) nie April se betaling reg kan kry nie, sal ons dit (elektrisiteit) weer afsny, en met graagte,” sê hy.

“Ons moet seker maak ons dissiplineer ons leiers. Ons sal die stelsel gebruik om julle dissipline te leer. Onthou al die kabinetministers is inwoners van Windhoek. Wanneer hulle opreg optree en verantwoordelikheid by die huis en by die kantoor neem, kan ons ook op hulle trots wees.”

Hy is trots dat soveel vordering in ’n kort tydperk moontlik was en sê hy hoop die minister verantwoordelik vir energie, mnr. Tom Alweendo, en die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) stop enige sprake van ’n streekkragverspreider vir Khomas.

“Ons sal ons verhouding met NamPower in stand hou en verbeter, veral in verband met kragvoorsiening vir ons informele nedersettings” waar hierdie verbeterde kontantvloei dalk ook die uitbreiding van die netwerk kan beteken, sê hy.

In terme van NamWater sê Amupanda die hoofstad se skuld is onder beheer en ’n ooreenkoms bestaan reeds waar Windhoek 45 dae, in plaas van 30 dae, kry om sy agterstand in te haal.

Volgens hierdie ooreenkoms moet die munisipaliteit weer op 15 Maart ongeveer N$50 miljoen oorbetaal, waarvoor hulle gereed is, sê hy.

Dit, ondanks die voorsiening van gratis water aan nedersettings in reaksie tot die uitbreking van Covid-19 in Namibië en in opdrag van die sentrale regering. Hierdie diens kos die hoofstad sowat N$6 miljoen per maand sedert die aankondiging van die nasionale noodtoestand ’n jaar gelede.

Die Windhoek-munisipaliteit het egter slegs N$12 miljoen vanaf die regering vir “Covid-water” se skuld gekry, sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.23/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.60% | Zinc US$ 2 868.90/T UP 2.22% | Brent Crude Oil US$ 87.53/BBP DOWN -0.0053 | Platinum US$ 897.22/OZ DOWN -0.0055 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.23/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.60% | Zinc US$ 2 868.90/T UP 2.22% | Brent Crude Oil US$ 87.53/BBP DOWN -0.0053 | Platinum US$ 897.22/OZ DOWN -0.0055