Windhoek Skou uit die blokke
Toe Anika Joubert (4) en haar sussie, June (3), uitgevind het daar is 'n troeteldieretuin oorkant hul oupa en ouma se likeurstalletjie by die NamAgri Country Yard, het hulle reeds vir ponieritte aangetree - al open die hekke na vanjaar se Windhoek Skou eers vanoggend om 10:00. Hier help mnr. Christo Brisley van NamAgri vir Anika met Shorty. Spesiaal vir die landbougemeenskap publiseer Republikein en Die Boer van Maandag tot Vrydag elke dag ‘n 16-blad bylaag met nuus en foto’s oor die kampioendiere en hul telers wat by die skougronde versprei sal word. Dinsdag en Donderdag kan Facebook-gebruikers ook inskakel vir regstreekse uitsendings van die interras-beoordelings en die veeparade. Foto Yochanaan Coetzee
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie