Windhoek Skou in beeld
Die 119de Windhoek Skou met meer as 200 uitstallers is tans by die Windhoek-skouterrein aan die gang. Soos in die verlede sal daar Donderdagaand ná afloop van die veeparade ’n vuurwerkvertoning wees. Toegang beloop N$40 vir volwassenes en N$20 vir skoolgaande kinders. Vir pensioenarisse en kinders onder die ouderdom van ses is toegang gratis. Die skou duur tot Saterdag. Tanja Bause het die foto's geneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie