Windhoek Skou gaan voort

Sonder mallemeule, vuurwerke

06 August 2020 | Gebeure
Kristien Kruger



Die uitbreking van die Covid-19-pandemie het vele geleent­hede van 2020 in die wiele gery, maar die Windhoek Skou gaan wel plaasvind.

Die organiseerders van die Windhoek Skou het vandeesweek tydens 'n vergadering finaal besluit dat dié geleentheid vanjaar sal realiseer. Dit is geskeduleer om vanaf 28 September tot 3 Oktober plaas te vind.

Volgens die onderskeie skou-­organiseerders moet Gobabis en Grootfontein nog vergader oor die toekoms van hul skoue, maar die voorlopige datum vir albei is 23 tot 25 September. Keetmanshoop Skou is glo reeds weens die Covid-19-pandemie afgestel.

Die organiseerders van die Windhoek Skou het dit glo oorweeg om slegs die lewendehawe-afdeling van die skou aan te bied, maar het besluit om ook die nywerheids­afdeling in te sluit.

Die Windhoek Skouvereniging (WSS) se uitvoerende hoof, mnr. Harald Schmidt, het gister aan ­Republikein gesê dat hulle graag wil voortgaan ter wille van die klein, plaaslike ondernemings.

Volgens Schmidt is aanpassings egter gemaak om die samedromming van skougangers te vermy.

“Ons het weggedoen met die mallemeule, omdat die skoonmaak daarvan moeilik sou wees, asook aangesien hulle van ­Suid-Afrika moet kom en eers onder kwaran­tyn geplaas moet word,” het Schmidt gesê.

“Die vuurwerke sal ook nie plaasvind nie. Buiten dat ons dit nie kan bekostig nie, wil ons ook die samedromming vermy wat dit gewoonlik veroorsaak.”

Schmidt is ook van mening dat ­alhoewel die Covid-19-regulasies toegepas gaan word, die skou nie beperk tot 100 mense hoef te wees soos die huidige regulasies vereis nie.

“Die skougronde is groot en is hoofsaaklik in die buitelug. Die perseel is groter as Wernhill en die Grove saam en niemand bevraagteken die aantal mense wat in dié inkoopsentrums toegelaat word nie,” het hy gesê.

Windhoek Skou se grootvee-­inskrywings sluit môre, maar Schmidt voorspel dat dit die laagste getal inskrywings van die afgelope 30 jaar gaan wees.

“Die 2018-droogte het 'n reuse-­insinking in ons veegetalle veroorsaak en ek dink vanjaar sal moont­lik die laagste ooit wees,” het hy gesê. - [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

1 uur gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

1 uur gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

1 uur gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

1 uur gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

1 uur gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...