Windhoek se vullis drom op
Die plaaslike owerheid wag tans op 'n volgende besending en vra dat sy inwoners geduldig moet wees.
Denver Kisting
Dae nadat die Windhoek-munisipaliteit (CoW) moes toegee hy is sy inkomste uit parkeermeters kwyt, het dié plaaslike owerheid erken hy het ook tans geen wieletjiesdromme in voorraad nie.
Me. Lydia Amutenya, 'n woordvoerder van CoW, het Maandagmiddag by navraag aan Republikein gesê hulle wag tans op voorraad “en aflewering sal daarná gedoen word”.
'Wees geduldig'
Sy het 'n beroep gedoen op inwoners van die hoofstad om geduld aan die dag te lê.
Dit kom nadat 'n Windhoek-inwoner die afgelope week gekla het dat hulle vullisdrom stukkend is nadat dit daardie oggend sonder sy deksel aan hulle terugbesorg is ná die vullis verwyder is.
Sy het gesê: “Blykbaar is die ooreenkoms dat 'n mens jou drom in jou kar moet laai en na die Windhoek-munisipaliteit se kantore moet gaan om vir 'n tweedehandse deksel te soek. Mal, daar is geen manier nie – my kar is té klein om 'n drom in te pas. En jy moet dit inneem as bewys dat dit gebreek is.”
Volgens Amutenya is dit nie heeltemal die waarheid nie. “Nee, die afdeling vir vasteafvalbestuur kan die gebreekte wieletjiesdromme by huishoudings optel en met nuwes vervang. Dit is nie verpligtend vir kliënte om hul gebreekte vullisdromme in te bring nie.”
Sou 'n kliënt egter nie wou wag vir die volgende opteldatum nie, staan dit hulle vry om die drom self na CoW se kantore te bring, het sy gesê.
“Daar moet ook kennis geneem word sodra die nuwe voorraad opdaag, kan alle kliënte wat 'n tweedehandse drom gekry het 'n nuwe een ontvang.”
Parkeergeld kwyt
Laat verlede week het CoW by monde van sy hoofwoordvoerder, mnr. Harold Akwenye, gesê die plaaslike owerheid is nagenoeg N$500 000 van sy jaarlikse inkomste uit parkeermeters kwyt, omdat dié meters reeds 'n geruime tyd buite werking is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie