Windhoek ontken 5G
Die Windhoekse stadsraad het nooit enige infrastruktuur vir 5G-toerusting goedgekeur nie, asook geen regulasies in verband daarmee nie, volgens die kantoor van die uitvoerende hoof van die munisipaliteit.
Die stelling is in ’n mediavrystelling laat Donderdagaand versprei. Daarin dring die hoofstad aan sy vergroting van sy veselnetwerk vir internettoegang is om die stad in ’n slimstad wat omgee, te omskep.
Beter toesig van water- en elektrisiteitsverbruik, onmiddelike verkeersmonitoring, makliker voorsorg teen noodgevalle en WiFi-toegang vir burgers is die mikpunt, sê hulle.
Windhoek-munisipaliteit sê hulle is op 31 Maart deur die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) twee lisensies toegestaan om elektroniese kommunikasiedienste te verskaf en ’n omvattende infrastruktuur vir elektroniese kommunikasiediens te bou.
Die uitvoerende hoof se kantoor sê hierdie infrastruktuur sal openbare infrastruktuur wees.
Foto Windhoek Express

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie