Windhoek-Okahandja-pad gaan vir skietwerk sluit
Skietwerk met plofstof gaan môre en Saterdag as deel van die padbouwerke aan die nuwe Windhoek-Okahandja-pad gedoen word.
Die pad sal môre tussen 12:00 en 13:00 gesluit wees vir skietwerk op die stuk tussen kilometer 15,8 en kilometer 20,1. Saterdag sal die pad tussen 15:00 en 16:00 gesluit wees wanneer die kontrakteurs met plofstof by kilometer 2,2 skiet.
Die Paaieowerheid (RA) het ‘n beroep op motoriste gedoen om ritte dienooreenkomstig te beplan en ag te slaan op die padtekens wat hulle oor die plofstof-skietwerk waarsku.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie