Windhoek looi verbruikers
Windhoek looi verbruikers

Windhoek looi verbruikers

Inwoners van die hoofstad betaal sedert Sondag tot 300% meer vir dienste.
Denver Kisting
Denver Kisting – Windhoekse verbruikers wat reeds noustrop trek, dok sedert 1 Julie selfs meer vir dienste op.

Dít kom nadat die hoofstad se raad (CoW) Donderdagaand tydens sy maandelikse vergadering verskeie prysstygings aangekondig het.

PDM sê oor armoede

Dié tariefverhogings kom kort op die hakke van ’n verklaring van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), waarin hy te velde trek teen die armoedevlakke waaronder die land steier.

“Tot op hede is daar nog skreiende verskille met betrekking tot watter gemeenskappe toegang tot volhoubare inkomste, kos, water, krag en basiese dienste in Namibië het. In sommige dele van die samelewing, en in sekere streke van die land bly armoedevlakke hoog,” lui die PDM-verklaring.

Prystoename reeds in werking

Inwoners van Windhoek sal voortaan tussen sewe en 25% meer vir waterverbruik moet betaal.

Met ingang Julie jaag riool 8% meer uit Jan en San Alleman se sak, terwyl vullisverwydering die beursie met 15% meer laat krimp.

Pasiënte wat oor ’n mediese fonds beskik en diegene wat die mas daarsonder moet opkom, betaal sedert Sondag 13% meer vir ambulansdienste.

Hoewel die deursneebedrag vir wanneer die brandweer se hulp benodig word met 10% styg, skiet die tariewe verbonde aan redddingsvoertuie met tot 113% die hoogte in.

Klein besighede wat die pot aan die kook hou deur in Poststraat-wandellaan handel te dryf, moet voortaan 34% meer betaal.

Algemene kosstalletjies in die hoofstad is nou 32% duurder terwyl die prys van nywerheidstalletjies met tot 37% toeneem.

Sakelui wat braaivleis voorsien, selfs diegene wat in Okahandja Park gestasioneer is, moet verlief neem met ’n styging van tot 50%.

Koerantverkopers en motorwagte moet ook húl hande dieper in hulle sakke steek om hul brood in ’n openbare ruimte te verdien. Hul fooie neem met 80% toe – van N$142 per jaar tot N$255 per jaar.

Reklameborde in die hoofstad jaag adverteerders sedert Sondag nagenoeg 66% meer uit die saak en die huur van Zoo Park is sowat 10% duurder.

Swemmers in openbare swembaddens is ook nie gespaar nie. Hulle moet tot 279% meer betaal vir ’n seisoenkaartjie.

Kuiergeriewe by Paaltjies by Brakwater kos sedert Sondag N$20 per volwassene per dag en tot N$500 per private funksie en N$1 500 per korporatiewe geleentheid.

Ondanks voortslepende nuus oor die betroubaarheid van Windhoek se krematorium het die koste van verassings en begrafnisse met 10% gestyg.

Die huur van sportstadions in die stad kos sedert Sondag tot 66% meer, terwyl straatparkeringstariewe met tot 300% geklim het.

Taxi’s is ook nie die slegte nuus gespaar nie – ’n taxiregistrasiesertifikaaat, wat elke ses maande hernubaar is, kos 25% meer.

As jy Sondae jou lofprysing en kerksang in ’n munisipale saal wil laat weergalm, moet jy jou vir ’n prysstyging van tot 596% staal – van N$115 tot N$800 per maand.

Slegte skuld afgeskryf

Dié verhogings vergesel die nuus dat die stadsraad oninvorderbare skuld van N$191 miljoen van bejaardes en ander weerlose lede van die samelewing afgeskryf het.

Voorafbetaalde meters

Maar, waarsku die stad by monde van sy woordvoerder, me. Lydia Amutenya, die ooreenkoms is dat dié skuldenaars van hul gewone tariefbepalingsmeters moet oorskakel na voorafbetaalde meters.

“Om seker te maak dat dit volhoubaar is, word die omskakeling baie belangrik geag om te verseker pensioenarisse en weerlose rekeninghouers trap nie weer in die skuldslaggat nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026