Windhoek klop waterteikens

Damme kommerwekkend leeg

07 August 2019 | Plaaslik
Elvira Hattingh - Inwoners van die hoofstad neem waterbesparings uiteindelik ernstig op en het die afgelope week weer 4% bespaar.

Volgens me. Lydia Amutenya, Windhoek-munisipaliteit (CoW) se woordvoerder, is die huidige weeklikse teiken vir waterverbruik in die hoofstad 465 000 m3 en het Windhoekers in die week wat op 5 Augustus geëindig het net sowat 447 771 m3 water verbruik.

Sedert die begin van Julie het stadsbewoners op weeklikse teikens verbeter, met die uitsondering van die laaste week in Julie toe 1% meer water gebruik is as wat toelaatbaar is.

Tussen 1 en 8 Julie is 2% minder water gebruik as wat die weeklikse teiken is, terwyl 1% minder water tussen 8 en 15 Julie gebruik is en 3% minder in die week van 15 tot 22 Julie.

Tog maan die munisipaliteit Windhoekers moet steeds spaarsamig wees omdat dié besparings baie naby daaraan is om teikenvlakke te bereik of te oorskry.

Dit volg nadat stadsbewoners sedert die begin van die jaar tot die einde van Junie nie daarin kon slaag om die gewenste hoeveelheid water te bespaar nie en die weeklikse teiken voortdurend oorskry het.

Intussen het streng droogtetariewe vir oormatige watergebruik ingetree en het gewone watertariewe ook met ‘n gemiddelde 5% verhoog.

“Ons bedank ons inwoners vir die goeie pogings wat die afgelope week aangewend is en hoop om selfs nog beter waterbesparings in die toekoms te behaal.

“Neem ook kennis van die waterbeperkings wat tydens ‘n ernstige waternood (kategorie D) van toepassing is en op 1 Julie in werking getree het. Kom ons hou aan om water spaarsamig te gebruik, want elke druppel tel,” het Amutenya gesê.

SKATTINGS GEDOEN

Intussen het die nasionale waterverspreider, NamWater, Maandag in die jongste damverslag aangedui damvlakke staan tans op ‘n nasionale gemiddeld van 26% (181,932 miljoen kubieke meter water of Mm³) vergeleke met verlede seisoen se 40,4% (283,884 Mm³).

Die Goreangab- en Nautedam is steeds die volste op onderskeidelik 100,3% (3,630 Mm³) en 85% (71,013 Mm³), terwyl damme wat die sentrale dele van Namibië van water voorsien gesamentlik net 16,8% (25,914 Mm³) water oor het.

Die Omatakodam is die leegste in die sentrale gebied, gevolg deur die Swakoppoortdam wat net 9,9% (6,312 Mm³) water oor het. Die Von Bachdam het 41,2% (of 19,602 Mm³) water oor, met wateroorplasings wat van die Swakoppoortdam na die Von Bachdam plaasgevind het.

Die Friedenaudam het 25,3% (of 1,701 Mm³) water oor en die Olushandjadam staan op 25,4% (of 11,599 Mm³).

Die Hardapdam het tans 17,5% (of 51,607 Mm³) water oor, terwyl die Oanobdam 46,8% (16,164 Mm³) water oor het.

Gobabis se damme het gemiddeld net 1,4% water oor, met die Otjiverodam wat op 2,4% (0,233 Mm³) staan en die Tilda Viljoendam wat 2,2% (0,027 Mm³) water oor het.

Die Daan Viljoendam het 1,1% (0,004 Mm³) water oor.

Laasgenoemde twee damme se vlakke is só laag dat dit geskat moes word, het NamWater gesê.

[email protected]

Soortgelyk

 

Regering steun hidroponiese voer

1 uur gelede | Landbou

Die kabinet het Dinsdag aangekondig Namibië sal die grootskaalse kweek van hidroponiese dierevoer aanpak. Mnr. George Simataa, kabinetsekretaris, het aangekondig 7 000 boere – 500...

ECN-besluit 'n ramp'

13 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die hoofverkiesingsbeampte, mnr. Theo Mujoro, sê die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) word gepenaliseer omdat hy die wet toepas.Dít, sê Mujoro via WhatsApp...

'Namibiërs het vertroue in demokrasie verloor'

13 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die bekende politiekewetenskapdosent prof. André du Pisani sê mense het vertroue verloor in demokrasie se legitimiteit om voldoende te presteer.Hy het dié...

Nog bietjie slaap, nog bietjie sluimer

13 ure gelede | In beeld

Die ministerie van die omgewing en toerisme het besoekers aan die Etosha Nasionale Park gister om verskoning gevra toe die Andersson-hek laat oopgemaak het. Toerbusse,...

RDP registreer kandidate te midde twis

13 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die Rally for Democracy and Progress (RDP) het Vrydag sy presidensiële en Nasionale Vergadering-kandidate vir November se verkiesings by die Verkiesingskommissie van...

Weer vir 17 Oktober

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Winderige toestande duur oor die hele land voort. Swaar reën kan oor plekke in die //Kharasstreek voorkom. Inwoners word aangeraai om die nodige voorsorg...

Outjo-aanval: Twee vandag in hof

13 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh - Twee verdagtes is in verband met Maandag se Outjo-aanval in hegtenis geneem en sal vandag hul eerste verskyning in die hof op...

Gay-huwelike: Niks verander vir Namibië

13 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die moderatuur van die NG Kerk in Namibië is “diep besorg” oor spanning en ongelukkigheid by lidmate en leraars oor ’n besluit...

First all-electric Nürburgring Race eTaxi

13 ure gelede | Motors

Jaguar is the first manufacturer to offer customers an all-electric RACE eTAXI experience around the epic Nürburgring Nordschleife. Thrill-seekers and fans of electric vehicles can...