Windhoek kanselleer glo hordes tenders

Ongerymdhede, sperdatums kry skuld

11 July 2019 | Regering
Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het die afgelope 15 maande ’n derde van sy geadverteerde tenders herroep.

Luidens die jongste Tender Bulletin is dié stap onder meer genoodsaak deur ongerymdhede, ’n gebrek aan belangstelling, verstreke sperdatums en onderbrekings in evalueringsprosesse.

Tussen Januarie en Mei vanjaar het CoW 37 tenders herroep, lui die bulletin.

Volgens dié publikasie het 36 van die tenders uit 2018 gedateer.

Dit bring die aantal 2018-tenders wat gekanselleer is op 60 te staan uit ’n totaal van 197, lui die dokument.

Van die tenders is 15 weens ongerymdhede herroep terwyl 14 gekanselleer is omdat hul tydperk verstryk het.

Die gekanselleerde tenders hou onder meer verband met die lewering van goedere en konsultasiedienste.

CoW verskil van Tender Bulletin

Mnr. Harold Akwenye, CoW-woordvoerder, het gister by navraag gesê die inligting vervat in die tenderpublikasie is net gedeetelik waar.

Hy het onderneem om met hul finansiesafdeling te beraadslaag en terugvoering oor die volledige prentjie te verskaf.

Soortgelyk

 

Covid-piek kom nog

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die voorkoms van bevestigde Covid-19-gevalle in Walvisbaai, tans die episentrum van die pandemie in Namibië, kan in middel tot laat Augustus die...

Boere bestry brand saam

6 ure gelede | Gemeenskap

Francoise Steynberg – Danksy die omliggende gemeenskappe se vinnige reaksie op ’n brand wat Dinsdag op plase aangrensend aan Erindi Private Wildreservaat uitgebreek het, is...

Weermag steun Walvisbaai

6 ure gelede | Gesondheid

Erwin Leuschner - Terwyl die aantal bevestigde Covid-19-gevalle op Walvisbaai gisteroggend met ’n rekordgetal toegeneem het, het die weermag ’n helpende hand aan die plaaslike...

Weer vir 2 Julie

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig tot warm, maar baie warm in die verre Noorde. Winderige toestande sal oor die binneland voorkom. KUS: Sonnig en baie warm...

Raad van kerke staan sterk teen aborsie

6 ure gelede | Gesondheid

Denver Kisting – Die Raad van Kerke in Namibië (CCN), sê by monde van sy sekretaris-generaal, mnr. Ludwig Beukes, dit is dié liggaam se werk...

Aborsiedebat moet fokus op regte, nie godsdiens

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht en Jana-Mari Smith – Die besluit om 'n aborsie te ondergaan, is 'n kwessie van persoonlike gewete wat nie in afwesigheid van enige...

San-meisie om op trots te wees

6 ure gelede | Gemeenskap

Tanja Bause – Vannessia Gaeses (17), 'n San-meisie wat vir die eerste keer skool toe is op negejarige ouderdom, is vandag 'n uitblinker in graad...

Leerskool vir veilige houtskoolaangebied

6 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh – Minder as 'n week nadat die Namibië Houtskoolvereni­ging (NCA) se Charcoal Village amptelik geopen is, word dit reeds inge­span om houtskoolprodusente te...

Lesersfoto's 2 Julie 2020

6 ure gelede | Leserpost

Fyn: Elize het die foto in haar tuin geneem.Asemrowend: “Ons bly in ’n ontsagwekkende mooi land,” sê Björn Basler. Strale: “Die foto is op ’n...