Windhoek kan wag

Oorweeg met jou volgende besoek aan die Kaap ’n ompadroete deur die Karoo en verken al reisend die interessante dorpe langs die pad.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Baie Namibiërs woerts gereeld af Kaap toe en terug – hetsy vir vakansie, om familie te besoek of omdat hul kinders daar skoolgaan en studeer.

Elke keer is dit net soontoe en terug op die N7 se rug, want dit is die kortste en maklikste roete.

Aan die reis self word min aandag geskenk; voet-in-die-hoek is meestal die wagwoord.

Ek het onlangs besluit Windhoek kan wag, en met ’n wye Kaapse draai kuier-kuier deur die Karoo teruggery huis toe.

Sit terug en reis saam met my deur Matjiesfontein, Sutherland, Prins Albert en Victoria-Wes.

Terug in tyd op Matjiesfontein

Dié Victoriaanse dorpie, wat in sy geheel in 1975 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar is, lê net regs van die N1 en is sowat twee ure se ry van Kaapstad af.

Was dit nie vir die legendariese en energieke Skotse spoorwegman James Douglas Logan nie, het dié nedersetting nie bestaan nie.

Hy het hom in 1884 op Matjiesfontein gevestig en aanvanklik water en varsprodukte aan die stoomtreine voorsien wat by die stasie aangedoen het.

Ry jy in die enigste straat af, mag jy vir ’n oomblik dink jy het op die stel beland van ’n fliek wat hom in die laat 1800’s/vroeë 1900’s afspeel. Méér Victoriaans kry jy nie.

Danksy Logan het Matjiesfontein later ’n gewilde gesondheidspa geword waar die Engelse “establishment” van daardie tyd uitgehang het. Die Karoo-lug is bekend daarvoor dat dit goed is vir longkwale.

Mense soos Cecil John Rhodes, die skywers Olive Schreiner en Rudyard Kipling, Lord Randolph Churchill (sir Winston se pa) en George Lohmann, die bekende Engelse krieketspeler, het gereeld hier besoek afgelê of selfs hier gewoon.

Die dubbelverdieping Lord Milner Hotel is tydens die Anglo-Boereoorlog gebou en is in daardie tyd as ’n militêre hospitaal gebruik. Tente is vir duisende Engelse troepe om Matjiesfontein opgeslaan.

Dit word vandag steeds as hotel bedryf, maar wees gewaarsku: Dit spook glo hier.

Die dorp se toergids, John Theunissen, kan jou alles daarvan vertel. John is ook die plaaslike vermaakkunstenaar. Hy maak oudpres. Nelson Mandela en wyle Eugène Terre'Blanche na dat jy lê soos jy lag. En as hy agter die klavier inskuif, sing hy “On Blueberry Hill” selfs beter as Fats Domino self. (Gebruik die QR-kode en kyk na die video.)

In die Lord Milner kan jy in die koninklike sitkamer “high tea” geniet, of in die kroeg kuier terwyl John klavier speel en sing.

Doen jouself ’n guns en gaan word stil in die pragtige kerkie, of stap deur die mooi tuin met sy eendedam en treurwilgers.

Hoe ook al: Matjiesfontein moet jy nie tjoef-tjaf deurdraf nie.

Sutherland, die Karoo se blinkste ster

Sutherland in die Roggeveld is 113 km van Matjiesfontein af, links van die N1 geleë.

Dit is ’n klein dorpie, maar ’n plek wat druk besoek word. Hoekom? Dit is bekend as die sentrum van die sterrekunde in Suid-Afrika.

Danksy sy afgeleë ligging 1 458 meter bo seevlak, is die naghemel van die suiwerstes en donkerstes ter wêreld en uiters geskik vir sterrekundige navorsing.

Staan ’n mens snags hier onder die sterrehemel en kyk op, voel dit werklik of jy die sterre sal kan pluk as jy jou hand uitsteek.

Die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop, of SALT, is buite Sutherland langs die pad na Fraserburg geleë en is die setel van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag. Dit is die grootste optiese teleskoop in die suidelike halfrond en word gebruik vir die fotografering en analisering van hemelliggame wat buite bereik is van die noordelike halfrond se teleskope.

Sutherland is natuurlik ook bekend as een van die koudste plekke in Suider-Afrika en was twee dae voor my besoek nog ’n spierwit sprokieswêreld ná die eerste, swaar sneeuval in bykans drie jaar. Uiterste temperature van tot –16 °C word in die winter gemeet.

Die dorp is in 1857 op die plaas De List as ’n nuwe NG-gemeente gestig en op 8 November 1858 is die eerste erwe verkoop. Dit is vernoem na ds. Henry Sutherland, wat destyds predikant was van die gemeente op Beaufort-Wes.

Een van die besienswaardighede is die Louw-huis, waar N.P. van Wyk Louw, bekende Suid-Afrikaanse digter, en sy broer, W.E.G. Louw, grootgeword het.

’n Hoogtepunt vir my was ’n besoek aan Oom Jurg Wagener se private sterrewag, Sterland. Ná ’n lesing binnenshuis, het hy ons in die ysige koue uitgeneem buite toe waar ons in groepies van 10 om die teleskope stelling ingeneem het.

Daarna het hy een vir een die teleskope ingestel om ons na van die mooiste sterre en planete te laat kyk.

Moet dus nie hierdie ster van die Karoo misry nie.

Prins Albert se bloed is blou

Ry ’n mens van Sutherland af terug N1 toe, draai jy regs na Laingsburg en ry van daar tot by Prins Albertweg. Daar draai die pad regs af na Prins Albert aan die voet van die Swartberg.

Moet egter nie deur Laingsburg ry sonder om die Vloedmuseum te besoek nie. Dié dorp is op 25 Januarie 1981 deur ’n vloedramp verwoes en moes as’t ware uit die modder opstaan.

By die museum kry jy aan die hand van foto’s en koerant- en tydskrifartikels ’n idee van die omvang van een die grootste natuurrampe ooit in Suid-Afrika.

Die landelike 19de eeuse karakter van Prins Albert met sy kenmerkende gewelhuise dra by tot die sjarme van dié pragtige Karoo-dorp. Die blomme, vrugte en groente wat op plasies in die omgewing gekweek word, word uit die bergstroompies afkomstig van die Swartberg natgelei.

Die dorp het aanvanklik as ’n kerkdorpie ontwikkel nadat die leenplaas De Qweekvalleij op 2 Desember 1762 deur die pionier Zagarias de Beer betrek is en dit ’n halfwegstasie tussen Kaapstad en Graaff-Reinet geword het.

In 1844 het die kerkraad besluit die dorp, wat om die kerk ontstaan het, moet Albertsburg genoem word “naar zijne koninklijke hoogheid Prins Albert”.

Die Kaapse owerheid het egter op 31 Julie 1845 ter ere van koningin Victoria se eggenoot die naam Prins Albert aan die dorp toegeken.

Vandag is die dorp ’n toeristemekka in die gebied en bekend vir sy talle kunsgalerye, restaurante en fraai winkeltjies.

Hier ontvang die inwoners jou gul, want dit is ’n dorp waar dikwels feeste en kunsuitstallings aangebied word en interessante nuwe projekte aangepak word. In 2012, toe die dorp 250 jaar oud was, is die vullisblikke dwarsoor die dorp almal beskilder om die geskiedenis en karakter van die dorp uit te beeld.

Die dorp het 14 nasionale monumente wat insluit die Swartberg Hotel, die Seven Arches, Bona Vista, die Doktershuis, De Bergkant Lodge, Vergelegen, die Albertsmeul en Dennehof.

Die Swartbergpas, wat net twee kilometer verder begin, en die Gamkaskloof is ook nasionale gedenkwaardighede.

Prins Albert is boonop bekend as een van die voorste kosplekke van die Karoo. Dit is immers hier waar die kookkompetisie Kokkedoor aangebied word.

Geen wonder nie, want hier is vrugte en olywe en suiwelprodukte volop. Guernsey Dairy, waar ongepasteuriseerde kase en jogurt gemaak word, is beslis ’n besoek werd. So ook die vyeplaas Weltevrede en die Swartrivier Olyfplaas waar tonne olywe geoes en verwerk word.

Gooi ’n Karoo-lamstjop op die kole en koop jou aandete by die varsproduktemark met sy organiese produkte en heerlike tuisgebak indien jy besluit om in een van die oulike selfsorg-gastehuise oor te bly.

Prins Albert se bloed is dalk blou, maar neus-in-die-lug is dié dorp glad nie.

Mannetjies Roux se Victoria-Wes

Draai jy by Drie Susters van die N1 af op die N12, is Victoria-Wes die eerste dorp wat jy kry.

Dié dorp in die Bo-Karoo is sinoniem met die rugbylegende Mannetjies Roux, oor wie Laurika Rauch se immergroen liedjie gaan.

Hy en sy vrou, Charlotte, het vroeër jare die Victoria Trading Post op die dorp bedryf nadat hulle aanvanklik in die distrik geboer het. Mannetjies se museum met Springbok-memorabilia was net langsaan geleë.

Vandag heet hierdie sinkgebou die Karoo Jaart en dit behoort aan Contessa Kruger. Die Rouxs, vertel sy, het nadat hulle dit aan haar verkoop het, Kaapstad toe verhuis.

Wanneer jy moeg gery hier stilhou, is die Groen en Goud Springbok-burger wat Contessa voortsit, net die regte medisyne.

By die museum op die dorp kan jy meer uitvind oor die tydperk 250 miljoen jaar gelede toe die Karoo nog een reusemoeras was.

Min mense weet dat Victoria-Wes in 1871 byna net so ’n groot vloed soos dié een op Laingsburg in 1981 beleef het.

Mary Dodds, ’n mooi jong meisie op die dorp, was besig om haar trourok aan te pas toe die vloedwater die dorp tref en sy is, met trourok en al, deur die malende water meegesleur.

In die St. John’s Anglikaanse kerk is ’n gedenkpaneel ter nagedagtenis aan die mense wat dié nag verdrink het. Die kerk is in 1869 gebou en het twee pragtige ruite met brandskilderwerk.

’n Ander besienswaardigheid is die Apollo-teater op die dorp. Dit is die enigste oorblywende voorbeeld van ’n Art Deco-teater uit die dekade ná 1950.

Drie raaie na wie die dorp vernoem is . . ? Jip, koningin Victoria. Maar die inwoners is nie vol grênd geite nie. Hier word jy deur gasvryheid oorrompel.

Laaste skof

Van Victoria-Wes af Windhoek toe is nog ’n stywe stoot. My aanbeveling is jy draai by Britstown, Victoria-Wes se buurdorp, van die N12 af en ry noord met die N10 langs oor Prieska tot op Upington.

As jy kans sien vir ’n 100 km-draai, kan jy by Marydale links draai en die spookdorp Putsonderwater gaan verken.

Ja, daar is inderdaad so ’n plek. Al dink mense soms dit is net ’n naam wat in die volksmond gebruik word om na ’n baie afgeleë plek te verwys.

Op watter roete jy ook al besluit: Geniet dit.

En ry veilig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.54/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.51% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 912.53/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.54/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.51% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 912.53/OZ DOWN -0.0037