Windhoek het eerste Covid-19-sterfte

31 July 2020 | Gesondheid
Die eerste Covid-19-verwante sterfte is volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula in Windhoek aangemeld.
Shangula sê die 41-jarige man is Maandag met Covid-19-verwante simptome in die Katutura-hospitaal in die hoofstad opgeneem. Hy het ook ander chroniese mediese toestande gehad en is met sy opname getoets.
Volgens Shangula is hy Dinsdag in die hospitaal oorlede en het sy toetsuitslae gewys het hy positief vir die siekte getoets. Dit bring die nasionale totaal van sterftes op 10 te staan.

Gister is 66 nuwe gevalle aangemeld - 47 in Walvisbaai, vyf in Swakopmund en 14 in Windhoek. Dit bring die totaal vir die land op 2 052 te staan. Die gevalle in Windhoek is soos volg:

- 'n 29-jarige man met geen kontak met 'n bevestigde geval of reisgeskiedenis nie.

- 'n 36-jarige vrou en 'n kontak van 'n bevestigde geval.

- 'n 49-jarige man met geen kontak of reisgeskiedenis.

- 'n 12-jarige meisie en kontak van 'n bevestigde geval.

- 'n 42-jarige vrou wat 'n begrafnis op Gobabis bygewoon het.

- 'n 38-jarige man wat van Windhoek na Otapi en terug gereis het.

- 'n 31-jarige man van die militêre basis in Suiderhof.

- 'n 35-jarige manlike taxibestuurder.

- 'n 38-jarige vrou wat na Etosha en terug gereis het.

- 'n 34-jarige man wat tussen Angola en Namibië gereis het. Volgens Shangula word die besonderhede van die res van die gevalle nog versamel.

Intussen het 60 mense ten volle herstel en wel 58 in Walvisbaai en twee op Oshakati. Dit bring die totaal op 164 te staan. Tot op hede is 25 625 weefselmonsters getoets en is 1 587 mense tans in kwarantyngeriewe in die land.
[email protected]

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

29 minute gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

1 uur gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

6 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

16 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

16 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

16 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...