Wildsmokkel: Polisie, doeane opgelei

Beter samewerking beoog

09 October 2019 | Misdaad
Francoise Steynberg - Doeane- en polisiebeamptes van Windhoek en Walvisbaai het onlangs opleiding ontvang om gesmokkelde wildprodukte in bagasie en vraghouers met skandeerders te kan opspoor.

Volgens Traffic, ’n teenwildmisdaadorganisasie, is grensposte by lug- en seehawens in Namibië as sleutelsmokkelpunte vir onwettige wildprodukte geïdentifiseer.



“Die Namibiese regering is toegewy aan die stryd teen onwettige wildhandel in die vervoersektor. Veertig doeane- en polisiebeamptes wat by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en Walvisbaai-hawe gebaseer is, het opleiding ontvang,” lui 'n nuusverklaring van Traffic.

Die opleiding is deur die Combating Wildlife Trafficking in Namibia-projek van die Buro vir Internasionale Narkotika en Wetstoepassingsake van Amerika se buitelandse sake gefinansier, en word deur die Namibia Nature Foundation (NNF) bestuur.

“Namibië is in vennootskap met die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelm- en Vraghouerbeheer (UNODC CCP) om beter beheer en gesofistikeerde benaderings te implementeer om onwettige goedere in vraghouers makliker op te spoor, wat deur die Walvisbaai-hawe gaan.”

Die opleiding is deur mnr. Adam Pires en me. Dominique Prinsloo van Traffic waargeneem.

Onderwerpe tydens die opleiding sluit in ’n oorsig van wettige en onwettige wildhandel, die Konvensie van Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites), hoe wildprodukte vervoer en weggesteek word, hoe om wildprodukte met skandeerders in bagasie en vraghouers op te spoor en die identifisering van wildsmokkelaars.



Kundiges sluit in me. Karen Nott van die NNF, wat opleiding in houthandel en oor die Cites-permitstelsel verskaf het, mnr. Francois Theart van Snakes of Namibia, en me. Bonnie Galloway van die NNF, wat opleiding oor die identifisering van gesmokkelde beskermde reptielspesies en vetplante verskaf het.

Praktiese opleiding is in Windhoek aangebied met reptiele en plante (klein vetplante en sade), gekonfiskeerde ivoor- en renosterhoring, ivoorarmbande en eiers wat deur bagasie- en vragskandeerders gestuur is sodat deelnemers beter kan verstaan hoe om versteekte organiese produkte op skandeerders uit te snuffel.

“Deelnemers het verskeie wildprodukte in verskillende materiale toegedraai om sigbaarheid op skandeerders te belemmer. Op Walvisbaai is tasse vol ivoor, renosterhorings en ietermagôskubbe in ’n vragmotor vol houtskool weggesteek en deur ’n skandeerder gestuur,” verduidelik Traffic.



“’n Viertrekvoertuig is ook met sy bagasie geskandeer en deelnemers is gevra om die smokkelgoed vanuit verskillende hoeke op die skandeerder te identifiseer.”

Die hoof van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU), komm. Barry de Klerk, het gesê na dese hoop hy daar sal beter samewerking tussen doeane- en polisiebeamptes wees.

Me. Pamela Smith, hoof- doeane- en aksynsbeampte in die ministerie van finansies het beaam die opleiding was van kardinale belang.

Traffic het die deelnemers en organiseerders van die PRU van Nampol, die departement van doeane en aksyns in die ministerie van finansies, en die eenheid van intelligensie en ondersoeke in die ministerie van die omgewing en toerisme bedank.

[email protected]

Soortgelyk

 

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

8 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

8 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

8 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

8 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...

Weer vir 18 November

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die verre Noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Winderige...

Buitelandse mediese studente: Eksamen nietig verklaar

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die jongste pre-internskapevaluering van 297 studente wat medies in die buiteland studeer het, is nietig verklaar. Die evaluering is op 27 September...

Passasiers gestrand ná Frankfurt-botsing

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Dit is in hierdie stadium nie bekend wanneer Air Namibia se vlugte tussen Frankfurt in Duitsland en Windhoek sal hervat nie.Dit volg...

Die kwaliteit van verkiesings

8 ure gelede | Politiek

Christie Keulder – Gereëlde vry en regverdige verkiesings is die rugraat van enige demokrasie.Die kwaliteit van verkiesings is daarom onontbeerlik vir die konsolidering van nuwe...

VERKIESINGS 2019: Regeringstrukture en die staatsdiens

8 ure gelede | Politiek

Die reeks neem politieke partye se manifeste oor sleutelkwessies in oënskou.ALL PEOPLE’S PARTY (APP)• Sny die uitspattige salarisse van openbare ondernemings (SOE’s) se direksie, uitvoerende...