Wildkonflik teister boere

Landbouers gaan nie net gebuk onder konflik met wilde diere nie; boonop bedreig olifante die land se dieregesondheid.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Olifante by die veterinêre kordonheining in die Mangetti-Oos-gebied bedreig Namibië se dieregesondheidstatus.

Volgens mnr. Piet Gouws, die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se uittredende voorsitter, het dié diere 'n kommersiële produsent al meer as N$318 000 se skade oor drie jaar berokken.

Terselfdertyd is tot 200 olifante daagliks op kommersiële plase in die Kamanjab-omgewing te vinde.

Jaarliks rig hulle sowat N$100 000 se skade per produsent aan, het Gouws Woensdag tydens die LPO se 56ste kongres gesê.

Hy sê konflik met wilde diere is besig om 'n nasionale krisis te word wat landbouprodusente se ekonomiese volhoubaarheid midde 'n droogte en swak ekonomie knou.

Gouws sê in 2019 alleen is 907 gevalle deur LPO-lede aangemeld waarin vee en wild weens roofdiere verloor is.

“Dit kom neer op 'n verlies van N$14 618 365. Ander probleemdiere het die afgelope jaar verliese van N$851 480 veroorsaak,” het hy gesê.



MANGETTI-OOS

Kommersiële produsente wat in die Mangetti-Oos-gebied teenaan die veterinêre kordonheining se buffersone boer, sê konflik met dié bosreuse asook wildehonde ruk handuit.

Boonop slaan die regering en aanspreeklikes glo min ag op hul pleidooie.

Die Veldduin-boerevereniging se voorsitter, mnr. Poena Potgieter, het tydens die kongres verwys na 'n produsent in die omgewing op die plaas Uitsig wat oor drie jaar van sy skade rekord gehou het.

“Olifante het sy plaas die afgelope jaar 31 keer besoek en skade van N$166 856 aangerig. Dit sluit die afgelope naweek uit waartydens die olifante sy plaas weer drie keer besoek het.

“In 2017 was daar 'n enkele voorval waartydens 45 olifante op sy plaas N$29 908 se skade veroorsaak het. In 2018 was daar 14 insidente waartydens olifante skade van altesaam N$121 580 aangerig het.

“Sy gemiddelde koste is sowat N$100 000 per jaar,” het Potgieter gesê.

Satellietdata van olifantbeweging word deur die N/a'an ku sê-stigting bygehou.

Potgieter meen dié olifante bedreig ook vooruitsigte dat kommunale boere se beeste by uitvoermarkte ingesluit word.

Hy sê landbouprodusente is nie teen wild gekant nie, maar versoek die owerhede bloot om hul verantwoordelikhede na te kom.

Hy sê die afgelope jare is ook geen beheer oor wildehonde uitgeoefen nie.

“Kommersiële boere in die gebied het sedert 2014 altesaam 927 beeste aan wildehonde verloor. Ons wil hê die wildehonde moet hervestig word. Elke keer wat ons ons saak stel, word ons deur sogenaamde 'bewaarders' gekonfronteer,” het Potgieter gesê.

Gouws het hom gesteun: “Ons weet ons is besig met die skepping en het baie respek daarvoor, maar daar is perke aan wat boere kan absorbeer. Ons kan nie meer nie.

“Bewaringsorganisasies moet 'n slag ophou om hulself te verryk uit fondse wat met bedelaksies in die buiteland ingesamel word. Bring dit na die produsent wat die regte bewaarder van wild is,” het hy gesê.



GEEN LAS IN VERLEDE

Mangetti-Oos val onder die bestuur van die Nuwe Agentskap vir Nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), voorheen die Namibiese Ontwikkelingskorporasie (NDC).

“In die 70's tot 90's was dit 'n baie suksesvolle kommersiële boerdery met drie beesstoeterye wat deel van formele beesmarkte was. Ongelukkig het dit verander met olifante wat met beeste om weiding meeding en infrastruktuur verwoes,” het Potgieter gesê.

N/a'an ku sê se navorsing dui daarop dat die olifante hul oorsprong by die Kavangorivier het en weens 'n toename in mensebevolkings afwaarts getrek het.

Potgieter het verduidelik die olifante het in 2010 oor die kordonheining gekom en in Mangetti-Oos gevestig, waar hul getalle van 'n aanvanklike 38 tot bykans 200 gegroei het.

Hy sê in 2015 het NDC onderneem om die olifante na 'n afgekampte gebied te skuif, maar die nuwe Nida het aangedui hulle stel nie langer in die projek belang nie.- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026