Wildehonde in kritieke gevaar

Kommer oor bedreigde spesie

04 September 2020 | Omgewing
Francoise Steynberg

Konflik tussen wildehonde en boere in oostelike kommunale gebiede vier hoogty, wat tot die uitwissing van dié kritiek bedreide spesie kan lei.

Personeel van die Cheetah Conservation Fund (CCF) het onlangs ’n karkas van ’n wildehondjie in die gebied gevind wat dalk moedswillig doodgery is.

“Soos CCF aan die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme gerapporteer het, het die wildehondjie se trop ’n jong koei gevang en die wildehondjie is moontlik in weerwraak doodgery,” het dr. Laurie Marker, stigter en uitvoerende direkteur van CCF, gesê.

Sy sê die wildehondjie was lid van ’n trop van ses volgroeide en vyf of ses wildehondjies van drie maande oud. Personeel van CCF se karnivoorkonflik-veldstasie in die oostelike kommunale gebiede monitor die wildehondtroppe se bewegings om hul konflik met mense te help voorkom.

“Pogings om kritiek bedreigde Afrika-wildehonde op paaie dood te ry, is algemeen en kom dikwels in die Bwabwata Nasionale Park voor,” sê Marker.

Volgens haar het die erge droogte tot ’n styging in konflik tussen vee- en wildboere en beide jagluiperds en wildehonde gelei, veral in die oostelike kommunale gebiede.

“Jagluiperds en wildehonde is skaars en hierdie gebied is die tuiste van ’n paar oorblywende troppe wildehonde. Hierdie soort konflik gaan dié reeds kritiek bedreigde spesie heeltemal uitroei,” is die vrees wat Marker uitspreek.

KARNIVOORKONFLIK-VELDSTASIE

“Samewerking van boere het verbeter nadat CCF ’n snelle reaksiespan ontplooi en ’n kommunikasienetwerk tussen boere ontwikkel het,” het me. Nadja le Roux, CCF se gemeenskapskoördineerder gesê.

“Ons deel inligting en die diere se bewegings met mekaar, wat as ’n vroeë waarskuwingstelsel dien sodat boere voorsorgmaatreëls kan tref om hul kalwers te beskerm.”

Le Roux en dr. Hanlie Winterbach is in beheer van CCF se karnivoorkonflik-veldstasie.

CCF werk al jare saam met die ministerie in die streke van Omaheke en Otjozondupa om kommunale bewaringsgebiede te versterk, asook by omliggende plase by Otjinene en Okakarara.

Om mens-dier-konflik te voorkom, het CCF hul “Future Farmers of Africa”-opleidingskursusse vir die beste weiding-, vee- en wildbestuurtegnieke aangebied, wat roofdierbeheer insluit.

“CCF is hier om boere te help om probleme met karnivore te bestuur,” beklemtoon Marker.

In 2017 en 2018 is ’n studie met die steun van Nedbank se Go Green Fund gedoen, wat aangedui het dat daar min wildlewe in die kommunale gebiede is.

“Vir CCF beteken dit meer probleme met boere, want daar is te min wild soos klein wildsbokke vir wildehonde om te vang,” sê Marker.

Volgens haar is daar 660 troppe wildehonde oor in Afrika met minder as 300 volgroeide wildehonde in Namibië, waarvan die meeste buite beskermde gebiede woon.

Die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romey Muyunda, het ’n beroep op gemeenskappe gedoen om konflikvoorvalle met wildehonde aan die ministerie te rapporteer “om ’n oplossing te vind, eerder as om dié spesie op so ’n wrede manier dood te maak”.

CCF het beklemtoon dat die karnivoorkonflik-veldstasie in die oostelike kommunale gebiede steun aan boere oor konflikkwessies sal bied.

“CCF het toegang tot ’n netwerk van organisasies in die Groot Karnivoor-bestuursvereniging (LCMAN) om in verskillende streke die konflik met jagluiperds, wildehonde en ander karnivore te help voorkom.”

Marker doen ’n beroep op die publiek om die noodnommer 081 227 5139 te skakel wanneer probleme met karnivore ondervind word.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Paartjies vernoem babadogters na Erindi

1 uur gelede | Gemeenskap

Yolanda Nel – Nie een nie, maar twee paartjies het op Erindi tydens hul reise na Namibië verlief geraak en hul babadogters na die gewilde...

'Sê vir ons oor Air Nam se geldsake’

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Werknemers van Air Namibia wat gister net 50% van hul maandelikse salaris ontvang het om só die benarde kontantvloei te beredder, wil...

Weer vir 30 September 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met enkele buie. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar warm in die ||Kharasstreek....

Houtskool: Eendagtegniek beter, goedkoper

1 uur gelede | Byvoegsels

Elvira Hattingh'n Nuwe verbrandingstegniek waarvoor tradisionele kilns ingespan kan word, verkort nie net houtskool se verbrandingstyd na een dag toe nie, maar is ook meer...

Etosha-ollie met strik gevind

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg – ’n Olifantjie wat Sondag met ’n kabelstrik om die voorbeen naby Namutoni in die Etosha Nasionale Park gewaar is, sal vandag van...

Steel van Covid-19-oorskot veroordeel

1 uur gelede | Misdaad

Ester Kamati – ’n Groep gemeenskapslede wat ’n Covid-19-oorskot uit die lykshuis van die Osire-vlugtelingkamp gesteel en dit dieselfde dag begrawe het, se optrede is...

La Niña amptelik aan stuur van (weer)sake

1 uur gelede | Weer

Elvira Hattingh – Dis amptelik – La Niña, wat dikwels vereenselwig word met beter reënneerslae in suider-Afrika, is aan stuur van die wêreld se weersake....

'Toerismebedryf moet aanpas'

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg op Solitaire – Die toerismebedryf moet by die veranderde omstandighede weens die Covid-19-pandemie en -regulasies aanpas om te oorleef.Só het mnr. John de...

Klag teen eerste minister faal

1 uur gelede | Howe

Kristien Kruger – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se ondersoekbeampte, mnr. Phelem Masule, se regsgeding teen die Namibiese eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, is van die hofrol...