Wilde kinders sing oor Namibiese sonskyn

19 February 2021 | Kuns en vermaak
Yandi du Plessis – Wilde Kind is nie soos enige ander band nie. Hulle skep ’n buitengewone heen-en-weer-spel van emosies deur betekenisvolle en bittersoet lirieke te draai om komplekse, dog lekkerluister komposisies.

Dit is asof Wilde Kind se musiek weier om in ’n boksie geplaas te word. Die meeste liedjies kombineer egter elemente van alternatiewe folk, indie rock en melancholiese klanke.

Die stigter en hart van die groep is die Namibies gebore sanger en kitaarspeler Danella Smith. Haar lirieke is waaghalsig en betekenisvol; huidige sosio-politieke kwessies soos populisme en narsisme vind ’n plek in haar komposisies, maar ook haar liefde vir die natuur en haar nostalgie vir haar vaderland. Sy sing tweetalig: sommige liedjies is in Engels geskryf en ander in Afrikaans.

Voordat Danella haar diploma in klassieke kitaar in Suid-Afrika verwerf het, het sy vir ’n oorbruggingsjaar na Europa gereis. Sy het gou besef dat die musiektoneel in Europa in daardie stadium veel meer divers as in Afrika was en nadat sy na Namibië teruggekeer het, het die droom vasgesteek om eendag terug te gaan om in Europa musiek te gaan maak. Hierdie droom het kort daarna ’n werklikheid geword.

Danella het haar musiekdroom tot in Den Haag, Nederland gevolg.

Ten spyte van haar gelukkige lewe in haar nuwe tuiste, het Danella nie haar Afrika-wortels agterweë gelaat nie. In haar liedjies neem sy haar gehoor gereeld op ’n nostalgiese reis van die Namibiese natuur en kultuur.

Wilde Kind tree meestal by intieme musiekfeeste en -lokale op, asook op nasionale televisie en radio in Afrika en Nederland. Wilde Kind se orkeslede is Fito Rodríguez op die baskitaar, Terry Knight op die tromme, Thomas Booij op die kitaar en agter die mikrofoon en Julian Bonitz op die klawerbord.

Dié lede kom almal uit verskillende kulturele en musikale agtergronde. Van jazz tot punk en van Engeland tot Duitsland – Wilde Kind is ’n mengelmoes van uiteenlopende individue wat bymekaar kom om musiek te maak.

Wilde Kind se eerste enkelsnit, “Lost the Sunscreen”, word op 25 Februarie bekend gestel. Dit is die eerste liedjie op hul vollengte debuutalbum wat later in 2021 uitgereik word.

Op dié liedjie word Danella begelei deur Terry, Julian, Fito Rodriguez en Maarten Benschop.

“Lost the Sunscreen” vertel die verhaal van dít waarna almal deesdae smag: vryheid, onverskilligheid, warmte en 'n wêreld sonder bekommernisse.

Dit is ’n lied van vryheid. Danella besin oor haar Namibiese grootwordjare terwyl sy die luisteraar genoeg ruimte gee om hul eie visie van ’n somer-droomlandskap voor te stel. In hierdie ongekende tye verpersoonlik “Lost the Sunscreen” die gevoelens van sonskyn, warmte en avontuur. Die musiekvideo van dié enkelsnit is die werk van die Namibiese filmmaker Robert Scott.

Wilde Kind het met verskeie kunstenaars en kreatiewe siele saamgewerk om hul eerste vollengte album tot uitvoer te bring en die projek heeltemal onafhanklik te voltooi – ’n besluit wat ruimte vir volle kreatiewe potensiaal skep. Die album bevat ’n aantal nuwe snitte wat ’n interessante en verrassende kombinasie sal wees.

Volg gerus komende Donderdag die skakel om na “Lost the Sunscreen” te luister en na die musiekvideo te kyk: www.youtube.com/watch?v=s_T5C2KQJ88

[email protected]

Soortgelyk

 

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...

2 ure gelede | Gesondheid

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan teen Covid-19 is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as "een van die beste in die wêreld" beskryf. Volgens die minister van...

N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...

2 ure gelede | Gesondheid

Die totale voorgestelde begroting vir Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan vir Covid-19-entstowwe is N$583 miljoen waarvan N$484,8 miljoen vir die aankoop van die entstowwe is....

Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart

3 ure gelede | Gesondheid

Pres. Hage Geingob het pas by Staatshuis aangekondig die huidige Covid-19-maatreëls geld vir die volgende 36 dae vanaf middernag tot 31 Maart (Onafhanklikheidsdag op 21...

Knopvelsiekte breek in Omaheke uit

3 ure gelede | Landbou

Knopvelsiekte het by Eiseb in die Omahekestreek uitgebreek en die beweging van beeste in dié gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort.Volgens dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte...

Metro spoils its customers

5 ure gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Vrou woon in haar motor by hospitaal

13 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

13 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...