Wika nog tot Sondag
Die jaarlikse Windhoek Karnaval (Wika) kom Sondag tydens die Kehraus by Windhoek se sportklub (SKW) tot 'n einde. Vrydagaand kan daar nog ingeval word by die Duitse "Prunksitzung", terwyl die jeugkarnaval, Juka, Saterdag aan die beurt kom. Die ouderdomsbeperking vir Juka is 16 en besoekers moet hul identiteitsdokumente by die deur toon. Wika is vanjaar vir die 65ste keer gehou onder die tema "Dreh die welt wie’s dir gefällt", wat beteken draai die wêreld soos dit jou pas. Die prinsesse is Anni, die närrisch Funkelde (Roth), en haar prins is Pongo vom Protokoll (Hans-Peter Reiff).
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie