Wika-koors loop hoog
Die Windhoek Karnaval se Wika-parade het Saterdag deur die hoofstad se strate beweeg en amptelik die gees van dié jaarlikse geleentheid in Windhoek versprei. Prins Pongo "vom Protokoll" en prinses Anni, "die närrisch Funkelnde" is vanjaar as die prinsepaar gekies. Namibia Media Holdings (NMH) se vlot het ook aan die vrolike optog deelgeneem met die fokus op Republikein se 40ste bestaansjaar en Namibian Sun se 10de verjaardag vanjaar. Allgemeine Zeitung het verlede jaar hul eeufees gevier. Wika duur vir tien dae, tot 9 April, wanneer die vieringe met "Kehrhaus" afgesluit word. Foto Augetto Graig
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie