Wiese se taks-bom 'net' miljoene, nie miljarde
Christo Wiese word in hofstukke in die Wes-Kaapse hooggeregshof betrek by 'n skema wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) 'n “ingewikkelde belastingontduikingskema” noem.
Die SAID wil R3,7 miljard se agterstallige belasting en die rente daarop van die maatskappy Tullow Oil verhaal, maar net R217 miljoen daarvan word voor die deur van Wiese en nog twee individue gelê, berig die Financial Mail.
Die artikel is geskryf deur Craig McKune en Sam Sole van die amaBhungane-sentrum vir ondersoekende joernalistiek.
Die hofsaak betrek die regsfirma ENS Africa en die multinasionale oliefirma Tullow Oil in 'n herstruktureringstransaksie waardeur Tullow Oil glo R3,9 miljard se bates landuit geneem het sonder om kapitaalwinsbelasting daarop te betaal.
Die transaksie dateer terug na 2007.
Wiese se beleggingsbeheerfirma Titan word ook by die skema betrek, asook 'n dopmaatskappy bekend as Elandspad Investments.
Volgens die Financial Mail ontken Wiese dat hy belasting ontduik het.
Wiese kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie