Wie onthou nog die stryd teen polio?
MOEDER OWERSTE VAN WINDHOEK SKRYF: Soos baie ander mense (hoop ek!) skud ek maar net my kop vir die opinies en opvattings van die anti-vaxxers. Ek en my ma het onlangs lank hieroor gebits per lang-afstand oproep.
Een van die probleme, soos ons weet, is dat mense nie verstaan hoe entstowwe werk nie en (ek dink) omdat ons gemeenskap so lanklaas blootgestel is aan 'n wêreld waarin entstowwe nie 'n integrale deel van basiese gesondheidsorg is nie. Of is hulle bloot te oningelig om te weet dat so 'n plek bestaan het?
Wie behalwe die wat nog enige ag slaan op Wakefield se “navorsing” oor die skakel tussen outisme en die MMR-ent blik of bloos om hul babatjies na die suster toe te vat vir 'n tjap?
Na aanleiding hiervan noem my ma toe dat sy selfs met mense praat – anti-vaxxers – wat nie eens meer weet wat polio is nie. Dis natuurlik een van die groot entstof-suksesverhale van die twintigste eeu.
My ma het tydens die sestigs as maatskaplike werker vir die ou “Kreupelsorg” gewerk in Windhoek, en vertel dat die regering in 1964 (of daar rond) 'n landswye polio-entveldtog gehad het waartydens ieder-en-elk eenvoudig 'n polio-ent gekry het.
Langs die Sentrale Hospitaal, vertel sy, was 'n tipe herstel- of terapie-oord wat hoofsaaklik polio-gevalle hanteer het. Die veldtog was so suksesvol dat die oord toegemaak het.
My ma het nie baie lank in Windhoek gewerk nie, so dit wys jou dat hierdie ommekeer van omstandighede nogal vinnig was. Binne 'n jaar of twee.
(Die Covid-pandemie is al klaar amper 'n jaar-en-'n-half met ons, net om 'n gevoel vir die verloop van tyd te kry.)
So, het die anti-vaxxers vergeet wat polio is? Of net vergeet dat dit 'n virus is/was?
Miskien moet diegene wat nog nie tot hul sinne gekom het om geënt te word nie 'n bietjie nadink… Oor hoe gelukkig ons is om hoegenaamd die opsie te hê om te kan ent teen 'n lang lys siektes (waarvan Covid maar net die mees onlangse byvoeging is). Hoe die wêreld sou wees as daar nie entstowwe was nie.
Die konsep van inenting is nou nie juis aan die snykant van mediese tegnologie nie. 'n Bietjie perspektief is altyd goed.
In elk geval. Ek dink die anti-vaxxers kry te veel lugtyd. Hulle hou ons terug en ek dink diegene van ons wat pro-ent is, is te stil.
Ek was in 'n geselskap waarin iemand my blatant aangeval het toe ek noem dat ek geënt is. Ek was maar geskok stil aangesien ek van nature wegskram van konfrontasie.
Of is dit, soos Mark Twain gesê het (blykbaar apokrief toe ek dit Google, want ek kon nie die aanhaling mooi onthou nie): “Never argue with stupid people. They will drag you down to their level and beat you with experience.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie