WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

30 March 2021 | Gesondheid
Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus wat vir verdere studies gevra het.

Die verslag spruit uit 'n resolusie wat in Mei 2020 by die Wêreldgesondheidsvergadering aanvaar is en ’n beroep op die WHO doen “om die soönotiese bron van die virus en die roete van bekendstelling aan die menslike bevolking deur middel van wetenskaplike en samewerkende sendings te identifiseer. Dit sluit ook die moontlike rol van tussentydse gashere in.”
Ghebreyesus sê hoewel dit begrip op verskeie maniere verbreed het, dit ook verdere vrae blootgestel het wat deur verdere studies beantwoord moet word.

“Sover dit die WHO aangaan, bly alle hipoteses op die tafel. Die verslag is ’n baie belangrike begin, maar dit is nie die einde nie. Ons het nog nie die oorsprong van die virus gevind nie en ons moet voortgaan om die wetenskap te volg en geen steen in die proses onaangeraak laat nie,” het hy gesê.

“Om die oorsprong van ’n virus te vind, neem tyd en ons skuld die wêreld dit om die oorsprong te vind sodat ons gesamentlik stappe kan neem om die risiko te verminder dat dit weer gebeur. Geen enkele navorsingsreis kan al die antwoorde verskaf nie.”

Soortgelyk

 

Skoolhoof van Swakop sterf aan Covid-19

10 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Huldeblyke het gister uit onderwys- en ander kringe ingestroom nadat die skoolhoof van Pro-Ed Akademie se hoër­skool op Swakopmund, mnr. Henry McCarthy,...

ReconAfrica voor hof gedaag

10 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer – Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) het sonder konsultasie of vooraf kennisgewing die natuurlike woud en landerye wat wettiglik deur 'n familie by Mbambi...

Weer vir 10 Mei 2021

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en warm...

Nog NBC-werkers keer terug

10 ure gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking landswyd voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug. Die...

Noodkreet teen misdaadvlaag

10 ure gelede | Misdaad

Tunohole Mungoba op Oshakati – Die Oshakati-stadsraad het Donderdag 'n openbare vergade­ring in Okandjengeni-Suid op dié dorp gehou waar verskeie veiligheidskwessies geopper en klagtes teen...

Dwelms van amper N$2 miljoen gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie is in April meer mense in besit van dwelms in hegtenis geneem as gedurende Maart. In Maart is 106 mense in...

Nuwe lewe in onooglike kraghuis geblaas

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Claudia Reiter – Die kunstenaars Kat en Lens het die mure van 'n transformator-substasie in Conrad Ruststraat in Klein Windhoek geverf en verfraai. “Ons ry...

Geen partytjie vir Nujoma

10 ure gelede | Gemeenskap

Die kantoor van die stigterspresident Sam Nujoma het aangekondig hy gaan nie op 12 Mei sy 92ste verjaardag met 'n openbare byeenkoms vier nie. Dié...

Betaaldag hier vir Air Namibia se personeel

10 ure gelede | Vervoer

Ogone Tlhage – Die minister van openbare ondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het bevestig die regering het 'n gedeelte betaal van die N$278 miljoen wat...