WHO: Ebola in DRK is groot uitdaging
‘n Ebola-uitbreking wat reeds mense in ‘n uiters afgeleë gebied in die Demokratiese Republiek Kongo raak, hou groot risiko op nasionale vlak in.
Amptenare van die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO) sê die uitbreking van Ebola in die Demokratiese Republiek Kongo (DRK) het laat in April begin.
Twee gevalle is bevestig en 18 ander het vermoedelik Ebola.
Drie mense onder die bevestigde en vermeende gevalle is reeds dood.
Peter Salama, die WHO se uitvoerende direktgeur vir gesondheidnoodtoestande, sê die risiko is hoog op ‘n nasionale vlak, medium op ‘n streekvlak en laag op ‘n globale vlak.
Hy het wel bygevoeg dat die logistieke en praktiese uitdagings wat reaksie in ‘n afgeleë en onveilige gebied gepaard gaan, nie onderskat moet word nie.
"Tot nou toe weet ons nie wat die volle omvang van die uitbreking is nie. Soos ons spanne oor die volgende weke ontplooi, sal ons beter verstaan presies waarmee ons te doen het,” het Salama gesê.
Hy sê die onmiddellike prioriteit is om ongeveer 400 mense op te spoor wat kontak met vermeende of bevestigde gevalle gehad het.
Dit is die agtste Ebola-uitbreking in die DRK, die land waarin dit tot dusver die meeste gebeur het. Die dodelike bloedingskoors is vir die eerste keer in 1976 in die DRK se digte tropiese woude geïdentifiseer en na die nabygeleë Ebolarivier vernoem. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie