WhatsApp se fout kan jou flater word
Die maatskappy Check Point Software Technologies sê hy het ’n sekuriteitsfout.
’n Kuberveiligheidsgroep in Israel waarsku WhatsApp het ’n fout wat toelaat dat kuberkrakers vals boodskappe na individue en groepe kan stuur. Die maatskappy Check Point Software Technologies sê hy het ’n sekuriteitsfout in WhatsApp ontdek. Die fout bied kuberkrakers die moontlikheid om “boodskappe te onderskep en te manipuleer. Dit kan hulle ook toelaat om foutiewe inligting te versprei.
Die fout maak dit moontlik vir ’n kuberkraker om ’n funksie in WhatsApp te gebruik wat iemand toelaat om ’n ander persoon se boodskap aan te haal en daarop te reageer, die identiteit van die persoon wat die boodskap gestuur het te verander, of die teks te verander. Dit laat iemand selfs toe om ’n private boodskap na ’n ander persoon in die groep te stuur maar as die persoon reageer is dit sigbaar vir almal.
Check Point het WhatsApp in kennis gestel van die probleem. WhatsApp het glo laat weet hy kan nie dadelik die probleem regstel nie weens die manier hoe die app gebou is. Check Point sê hy het besluit om die inligting openbaar te maak omdat mense in Indië en Brasilië vermoor is weens vals Whatsapp-boodskappe.
“Whatsapp is lankal nie meer net ’n app nie, dit is infrastruktuur wat deur instellings en skole gebruik word.”
Volgens ’n woordvoerder van WhatsApp kyk hulle na die probleem.
“Dit is soortgelyk aan ’n e-pos wat gewysig word om dit te laat lyk na iets wat ’n persoon nooit geskryf het nie.”
WhatsApp het onlangs ’n “tag” aan boodskappe geheg van iemand wat aangehaal en aangestuur word, en het veranderinge aan groepe se gesprekke aangebring om die verspreiding van verkeerde inligting te beperk. WhatsApp sê dit het niks met sy enkripsie-funksie te doen nie. Facebook het WhatsApp in 2014 gekoop.
WhatsApp het begin vanjaar gesê hy het meer as 1,5 miljard gebruikers wat 65 miljard boodskappe per dag stuur. – Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie