Wettig aborsie, sê Geingob
'n Jong vrou sê die Namibiese Huis is soos om saam met 'n aaklige stiefma te woon.
Denver Kisting
Of aborsie wettig is of nie – dit gebeur en baie vroue sterf jaarliks as gevolg daarvan.
Daarom, sê pres. Hage Geingob, sal aborsie in 'n stadium in Namibië gewettig moet word.
Toe Geingob gister honderde jeugdiges hieroor toespreek, het hy gesê hy hoop nie lede van sy kerk hoor hom nie. “Ek praat as Swapo se presidensiële kandidaat. Eendag sal ons 'n wet moet deurvoer om aborsie te wettig.”
Hy het toegegee godsdiens en kultuur beïnvloed dié gesprek.
Maar indien dit beheer word, kan minder mense sterf, het hy gesê.
Geingob het gister 'n volgepakte ouditorium in die Nasionale Teater van Namibië (NTN) toegespreek.
Sodra aborsie gewettig is, beteken dit geensins jong meisies moet voor die voet swanger word nie, het hy gemaan.
Maatskaplike verval moet ook gepak word, het hy gesê.
“Ons huise is gebroke.”
Dít kom nadat 'n lid van die gehoor hom daarop gewys het duisende onwettige aborsies word jaarliks gedoen en wou weet wat hy daaromtrent sal doen.
Geingob was verstom toe 'n vrou in die gehoor vertel sy beskik oor 'n meestersgraad in kliniese sielkunde, maar is werkloos.
Sy het gesê sy lees daagliks in die media van Namibiërs se uitdagings met geestesongesteldhede, maar niemand is bereid om haar in diens te neem nie.
“Gekwalifiseerd maar werkloos? Dit klink erg,” het Geingob gesê.
Volgens die president moet veral swart mense leer om vir hulself werk te skep.
Hy sê te veel Namibiërs is gewoond daaraan om 'n baas te hê. Hy reken dit is die hoofoorsaak van Namibië se hoë werkloosheidsyfer.
“Almal is op soek na iemand om vir hulle werk te gee – dis deel van die geskiedenis. Dít is hoekom werkloosheid so hoog is.”
Die Swapo-geleide regering het egter sedert onafhanklikheid ongelykheid en armoede verminder, het hy gesê.
“Ja, dit is nog erg. Maar om vir my te vertel daar's geen verbetering nie? Komaan. Dit is 'n leuen.”
Die jeug benodig wapens om in hul werkloosheidsoorlog te veg, het hy gesê.
“Hoe los jy dit op? Deur gesubsidieerde onderwys.”
Geingob het ontken baantjies vir boeties regeer in Namibië. Hy het mense uitgedaag om met bewyse daarvan na vore te kom. Volgens hom het hy die meeste mense wat in sy kantoor werk nie vantevore geken nie.
Trouens, sê hy, as voorsitter van die kabinet is hy die enigste lid van daardie liggaam wat daarvan “deel was toe ons hierdie land gevorm het”.
Oor die viskwotaskandaal
Pres. Geingob sê mnre. Sacky Shanghala en Bernhard Esau, tot verlede week die ministers van onderskeidelik justisie en visserye en mariene hulpbronne, het hul straf tot dusver gekry.
Die Grondwet waarborg dat almal onskuldig geag word tot hulle in 'n hof aan 'n misdaad skuldig bevind is, het hy benadruk.
Maar, sê hy, dat hulle bedank het in plaas daarvan om afgedank te word, maak nie saak nie.
“Hierdie mense wat in die media, in video's, aan die kaak gestel is, is albei dood – of hulle in 'n vuurpeleton of in 'n elektriese stoel gesterf het.”
Volgens hom is daar buitendien geen sistemiese korrupsie in Namibië nie.
Hy sê as 'n klein, oop ekonomie sukkel Namibië veral om mee te ding teen groter ekonomieë soos naburige Suid-Afrika.
Die lede van die gehoor het kort-kort oproerig geword en moes tot stilte gemaan word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie