Werkloosheid onder jeug wek kommer by jeugraad
Sowat 280 000 jong Namibiërs werk, van wie meer as die helfte se posisie onseker is.
Augetto Graig - Die feit dat die meerderheid jongmense in Namibië werkloos is, kan binnekort op 'n krisis afstuur.
Só sê mnr. Mandela Kapere, uitvoerende voorsitter van die Nasionale Jeugraad (NYC).
Hy sê 40% van Namibië se bevolking is jongmense, maar dié syfer sal aanhou groei tot jongmense binne die volgende 20 jaar die meerderheid van die bevolking sal wees.
Tans werk sowat 280 000 jongmense tussen die ouderdom van 16 en 35.
Die probleem is egter dat die helfte van hulle nie permanent aangestel is nie, en teen lae lone met min vooruitsigte werk.
Volgens Kapere word dié toedrag van sake deur 'n studie bevestig wat die jeugraad in 2017 voltooi het.
Die studie toon dat die 39,1% van die jeug wat werk, hulself meestal in die kleinhandel- en landbousektor bevind of hul brood in private huishoudings verdien.
“Dit is nie die soort werk wat ons soek nie,” het hy gesê.
Volgens die studie word dié sektore as sektore van “kwesbare indiensneming” geklassifiseer, aangesien gesonde werksomstandighede nie teenwoordig is nie, werkers se regte nie nagekom word nie, en vergoeding onvoldoende is.
Vooruitsigte op bevordering bestaan nie en werksbevrediging is min, sê Kapere.
Die tempo waarteen die ekonomie werksgeleenthede aan jongmense beskikbaar maak, is te stadig, sê hy.
Hoewel vordering gemaak is met die skep van nuwe werksgeleenthede, bly die werkloosheidsyfer styg, terwyl toegang tot kapitaal om ekonomiese geleenthede self te ontgin, beperk is.
Die studie ondersoek die verhouding tussen opvoedingsvlak en werksgeleenthede, en bewys die waarskynlikheid is kleiner dat jongmense met minder opleiding in poste aangestel sal word.
Kapere sê tot 80% van jongmense met tersiêre opleiding het werk.
Swak resultate en die hoë koste van tersiêre opleiding belemmer jong Namibiërs se kanse op werksgeleenthede.
Volgens Kapere het die regering in die 90's 'n fout gemaak om houtwerk en beroepsopleiding in skole af te skaf.
Hy sê die regering is tans besig om dit reg te stel deur die herinstelling van dié soort opleiding by een hoërskool in elke streek.
“Jongmense moet professionele opleiding as eerste opsie beskou,” sê hy.
Kapere het ook gewys op die grootskaalse interne migrasie van jongmense van die platteland af na Namibiese stede en dorpe.
Veral jong Namibiërs tussen 22 en 25 trek dorp toe, terwyl die studie toon die meeste werklose jongmense is 24 jaar oud.
Die meerderheid jongmense trek na die Khomas- of Erongostreek waar die hoë jeugwerkloosheidsyfer bewys dat stedelike gebiede in Namibië beskik nie oor genoeg werksgeleenthede om almal te akkommodeer nie, sê Kapere.
“Die instroming van jeug na hierdie streke en hul onvermoë om werk te kry, kan lei tot alkohol- en dwelmmisbruik, asook misdadige gedrag,” sê hy.
Jong Namibiërs tussen 20 en 35 is ook betrokke in talle motorongelukke.
Kapere sê werkgewers begryp nie altyd jongmense se omstandighede nie.
“Werkgewers glo die jeug het die verkeerde benadering tot werk en tot die lewe, terwyl jongmense net teleurgesteld voel,” sê hy.
Die jeugraadvoorsitter sê die oplossing lê daarin om meer ekonomiese geleenthede en werksgeleenthede vir die jeug te skep en om entrepreneurskap meer te ondersteun.
Beter opvoedingsgeleenthede moet geskep word, veral in terme van tersiêre en professionele opleiding.
Sektore van die ekonomie wat vinnig groei, soos mynbou, moet geteiken word wanneer onderwysstelsels geïmplementeer word.
Die jeug moet ook beter ingelig word oor geleenthede in verskeie ekonomiese groeisektore in die land.
Ouderdomsongelykhede moet in ag geneem word met betrekking tot die land se arbeidsbeleide en gesprek tussen die regering, die privaat sektor en die jeug moet op 'n formele basis gevoer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie