Werkers in kwarantyn 'moet betaal word'
Die Konfederasie van Werkgewers in Suid-Afrika (Cofesa) vra die regering moet 28 dae se werkloosheidsvoordele aanbied vir werkers wat weens die coronavirus in mediese kwarantyn moet gaan, asook vir werkers wat weens die ekonomiese resessie afgelê word.
Adv. Hein van der Walt, direkteur van Cofesa, sê hy het Donderdag 'n versoek aan Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, gestuur om te vra die Werkloosheidsversekeringswet moet gewysig word sodat werkloosheidsvoordele uitgebrei kan word na mense wat in kwarantyn geplaas word weens die coronavirus.
Daar behoort volgens hom ook ekstra verligting te wees vir werkers wat weens die huidige ekonomiese insinking afgelê word. Telkom, MultiChoice, Massmart, Edgars en Standard Bank is van die groot maatskappye wat al aangekondig het hulle is besig met of beplan afleggings. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakereddingspraktisyns is ook besig met 'n proses van personeelvermindering.
Cofesa stel voor werknemers wat weens die ekonomiese insinking afgelê word, of wat weens die coronavirus-pandemie van die werk af moet wegbly, moet op minstens 28 opeenvolgende dae van betaalde verlof geregtig wees wat uit die Werkloosheidsversekeringsfonds betaal word.
Die bystand vir werknemers wat weens die resessie afgelê word, kan volgens Cofesa maatskappye help om hul kontantvloei te herstel. Die bystand vir mense in kwarantyn kan die maatskappye help om die vaardighede van dié werknemers te behou.
Die departement van arbeid het nog nie geantwoord op navrae oor of so 'n voorstel oorweeg sal word nie.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie