Werk aan Neckartal gaan voort
Werk aan Neckartal gaan voort

Werk aan Neckartal gaan voort

Augetto Graig
Augetto Graig



Ten spyte van die goeie reën wat die Suide onlangs ontvang het en die stygende vlak van die Vis­rivier, gaan verbouings aan die ­Neckartaldam voort.

Volgens die woordvoerder van die Italiaanse maatskappy Salini Impregilo, mnr. Gilles Casonguay, word die meerderheid van die verbouings tans aan die rivierbed gedoen.

Vir die grootste deel van die jaar is die rivierbed droog omdat die Vis­rivier slegs gedurende die nat seisoen, tussen Desember en April, vloei.

“Dié seisoen was die reën genoeg om die rivier te laat vloei, en dít deur die bouterrein.

“Twee duikslote is dus in die bodem van die dam ingebou sodat die water daar kan deurvloei. As die vloei dan te sterk raak, sal die opgedamde water 'n kunsmatige dam vorm,” het Casonguay gesê.

“Wanneer die riviervlak dan weer sak, sal die water deur die duik­slote vloei om die kunsmatige dam te dreineer. Veiligheidsmaatreëls is in werking gestel om werkers en toerusting te beskerm as die vloei te gevaarlik raak. Tans vloei die water normaal,” het hy gesê.

Volgens die ministerie van landbou, water en bosbou kan die stygende ­riviervlakke tot twee weke se verlies aan produksie veroorsaak, maar is die projek reeds sowat 70% voltooi en sal dit na verwagting teen Januarie 2018 klaar wees. Die ministerie sê die totale begroting vir die projek beloop N$3,36 miljard.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A