Wenfotograaf by Ekspo aangewys
Die sewe foto?s wat na die finale ronde deurgedring het, word in die WWF-afdeling in die hoofsaal vertoon. Benewens die bielie van ?n prys waarmee die fotograaf wegstap, staan ?n leser ook die kans om ?n naweek vir twee los te slaan na een van Wilderness Safari?s se spogoorde, deur vir hul gunsteling foto te stem. Wenners word op Saterdag 9 Junie om 12:00 tydens die skou aangewys.
Die Ekspo vind vanaf 6 Junie (vir handelaars) tot 9 Junie by die Windhoek skougronde plaas. Toegang beloop N$40 vir volwassenes en N$20 vir kinders tussen ses en 12 jaar. Openingstye vir die publiek is Donderdag 7 en Vrydag 8 Junie vanaf 12:00 tot 21:00 en Saterdag 9 Junie vanaf 10:00 tot 17:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie