Welwitschias wil Kings onttroon

Andrew Poolman
Andrew Poolman - Net een wenlose span sal Saterdagaand in die kwalifiserende reeks vir die Curriebeker oorbly – en as dit van die Windhoek Draught Welwitschias se afrigter John Williams afhang, sal dit gewis nie sy manne wees nie.
Die besoekende Oostelike Provinsie Kings bevat opnuut ’n paar spelers wat reeds tevore die hoër vlak van Superrugby geproe het.
Die besoekers sal waarskynlik met ewe groot afwagting (of desperaatheid?) uitsien om môre in Windhoek hul eerste ligapunte te kom opeis in die wedstryd wat om 15:00 in die Hage Geingobstadion afskop.
Williams het vir sy span se vierde wedstryd van die seisoen ’n paar veranderinge aangebring – meestal aan die reserwebank.
Vleuel Russell van Wyk het met ’n seer knie van laas naweek se verloorwedstryd teen die Haaie teruggekeer en sy plek word deur Phillip Nashikaku ingeneem.
Op slot hervat Muniovita Kasiringua sy vennootskap met Ruan Ludick, nadat eersgenoemde ’n week gelede vanaf die reserwebank ingespan is.
Benewens Nashikaku kry nog vier spelers hul eerste blootstelling van die seisoen in die Curriebeker – almal vanaf die reserwebank. Dié vier is die stutte Petrie Burger en A.J. de Klerk, flank Zayne Groenewaldt en losskakel Justin Nel.
Nel se insluiting is deels die gevolg van die onbeskikbaarheid van M.P. Pretorius vanweë werkverpligtinge.
As stut word ook hoë verwagtinge van De Klerk gekoester nadat die oud-Matie verlede jaar ’n lid van die Wêreldbekerspan was voordat hy hom vanjaar op die boerdery naby Mariental begin toespits het.
Afrigter Williams sê die vertoning teen die Haaie in Umlazi is een waarin ’n gebrek aan ondervinding sy span se kanse verydel het.
“Toe ons ná rustyd twee drieë gaan druk om met 18-24 agter te wees, het foute ons van stryk begin bring. Met ’n bietjie meer ondervinding sou ons beter persentasierugby gespeel het om nie die Natallers toe te laat om met ’n oorwinning te ontglip nie.
“Ons denkwyse bly om in die Curriebeker die basis te vergroot en week na week kan jy die verskille opmerk hoe ons spelers in volwassenheid groei. Ons weet die kompetisie gaan vorentoe nog baie hard raak, maar ná ons drie kragmetings sover teen Superrugby-unies het ons wel met tye gewys dat ons met selfvertroue kan meeding. Dis ’n leerproses en ons vat dit stap vir stap.”
Die Oos-Kapenaars se derde nederlaag was laas Saterdag op hul tuisveld teen hul buurunie, die Grens Bulldogs (14-28). Vroeër het hulle ook die wegwedstryd teen die Boland Kavaliers (18-37) en tuis teen die SWD Arende (14-37) verloor.
Een van die bekende gesigte sal hul agtsteman Jacques (Vleis) Engelbrecht wees. Die gewese Blou Bul het reeds ’n paar maal in Windhoek gespeel, waar sy broer Alberto (Tjoppie) ’n losvoorspeler vir FNB Wanderers is.

Die spanne:
Windhoek Draught Welwitschias: 1 Quintin Esterhuizen, 2 Gerhard Lotter, 3 Shaun du Preez, 4 Muniovita Kasiringua, 5 Ruan Ludick, 6 Rohan Kitshoff (kapt), 7 Leneve Damens, 8 Roderique Victor, 9 J.C. Winkler, 10 Shaun Kaizemi, 11 Phillip Nashikaku, 12 Darryl de la Harpe, 13 J.C. Greyling, 14 Johann Tromp, 15 Riaan van Zyl.
Reserwes: 16 Petrie Burger, 17 A.J. de Klerk, 18 Joe Hermann, 19 Zayne Groenewaldt, 20 Arthur Bouwer, 21 Justin Nel, 22 Francois Wiese.
Oostelike Provinsie Kings: 1 Liam Hendricks, 2 Warrick Venter, 3 Louis Albertse, 4 Mthetheleli (Tazz) Fuzani, 5 Cornell Hess, 6 Stephanus Nieuwoudt, 7 Sintu Manjezi (kapt), 8 Jacques Engelbrecht, 9 Davron Cameron, 10 Simon Bolze, 11 Lindelwe Zungu, 12 JP du Plessis, 13 Somila Jho, 14 Athenkosi Mayinje, 15 Courtney Winnaar.
Reserwes: 16 Jean-Pierre Jamieson, 17 Mzuvukile Sofisa, 18 Philip du Preez, 19 Stephan Zaayman, 20 Chuma Faas, 21 Siphumelele Msutwana, 22 Yaw Penxe.
• Kaartjies is by Computicket of by die hekke te koop. Sitplek op die hoofpawiljoen kos N$60, ooppawiljoen N$30 en kinders betaal N$10 (gratis in skooluniform).

VYF KOMPETISIES
• Gebruik die plakkaat in Windhoek se koerante om die Welwitschias se telling te voorspel en wen ’n kas Windhoek Draught. Volg die instruksies op die plakkaat.
• Stuur jou ondersteunersfoto’s vanaf die huis en veld met WhatsApp na 081 170 0010 en wen ’n kas Windhoek Draught.
• Versamel al die plakkate en hou jou kaartjies vir elke wedstryd om aan die einde van die Curriebeker-reeks N$5 000 en 12 kaste Windhoek Draught te wen.
• Woon die wedstryd by en wen ’n eWallet met N$1 500 deur aan FNB Namibia se Kick for Cash deel te neem.
• By die veld plaas die span se borge ook pryse op die spel, soos Windhoek Draught se N$1 000 vir die bes geklede ondersteuner van die tuisspan en FNB Namibia se N$1 000 in die Kick for Cash.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.21/OZ UP +0.28% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.32% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.07/BBP UP +0.19% | Platinum US$ 911.53/OZ DOWN -0.0048 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.21/OZ UP +0.28% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.32% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.07/BBP UP +0.19% | Platinum US$ 911.53/OZ DOWN -0.0048