Weg vorentoe vandag bekend
Weg vorentoe vandag bekend

Weg vorentoe vandag bekend

Dr. Peya Mushelenga, die minister van inligting en kommunikasietegnologie, het gistermiddag gesê die kabinet sal vandag beraadslaag oor Namibië se voortgesette grendelstatus. Die huidige hoktydperk, wat sedert 17 April oraloor geld, verstryk komende Maandag om 23:59. Mushelenga het tydens ’n inligtingsessie by die Covid-19-kommunikasiesentrum (CCC) in Windhoek gesê president Hage Geingob sal na verwagting vandag by Staatshuis ’n aankondiging oor die weg vorentoe maak. Die inperking is ingestel om die verspreiding van die virus in Namibië hok te slaan.

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer