Weet só of ’n webblad betroubaar is of nie
Die gebruik van misleidende opskrifte word gepenaliseer en kan ’n webblad se betroubaarheid knou.
Petrus Malherbe – In die alewige stryd teen fopnuus het Microsoft begin om gebruikers van sy mobiele webblaaier proaktief daarteen te waarsku.
Die tegnologiereus het kragte saamgesnoer met NewsGuard, ’n platform wat aan nuusbronne ’n punt op grond van sy betroubaarheid toeken.
Dit is geskep deur ’n groep oudjoernaliste wat keelvol vir die vervlakking van nuus in die era van die internet was.
Gebruikers van Microsoft se Edge-webblaaier op Android- en Apple-toestelle sal voortaan gewaarsku word as ’n nuusblad wat hulle besoek nie – op grond van kriteria soos uiteengesit deur NewsGuard – as betroubaar geag word nie.
’n Groen regmerkie beteken die nuusblad is betreklik betroubaar en verskaf ’n lys van kriteria waaraan die redaksionele span voldoen, en foute word spoedig gekorrigeer. Dit dui ook aan dat die blad nie herhaaldelik vals nuus publiseer nie.
Die gebruik van misleidende opskrifte word ook deur NewsGuard gepenaliseer en kan ’n webblad se betroubaarheid knou.
So word die Daily Mail, die omstrede Britse poniekoerant, se webblad as “gevaarlik” aangedui, hoofsaaklik omdat dit “gereeld vals inligting publiseer” en reeds telke male weens laster by hoëprofiel-hofsake betrek is.
Volgens NewsGuard tref Daily Mail ook nie ’n duidelike onderskeid tussen objektiewe nuusdekking en menings nie, wat waarskynlik daarop dui dat dit ’n verskuilde agenda het.
Verskeie nuuswebwerwe is reeds deur NewsGuard gekrediteer as betroubaar, insluitend The New York Times en The Guardian.
Plaaslike webblaaie, insluitend News24, Maroela Media en Netwerk24, moet nog deur NewsGuard gekrediteer word.
NewsGuard is tans ingesluit in die jongste weergawe van die Edge-app vir Android en Apple.
Dit is ook beskikbaar as ’n toevoeging tot verskeie webblaaiers, insluitend Google se Chrome, Mozilla Firefox en Safari.
Sodra die toevoeging geïnstalleer word, sal ’n groen regmerkie of rooi uitroepteken langs ’n nuusblad se naam in Google se soekresultate aandui of die bron betroubaar is al dan nie.
Volg hierdie skakel om NewsGuard te installeer vir jou webblaaier. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie