Wees baie bang vir Trump se oorlog

Pres. Donald Trump van Amerika tree strydig met die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se reëls op, en die potensiële negatiewe impak op handelsvloei en bedrywe wêreldwyd is boonop ernstig.
Johan Willemse



Daar is toenemend aanduidings dat Amerika die konflik oor handelskwessies en invoertariewe aandryf met die doel om sy produksie (en werkgeleenthede) te stimuleer.

Sy werkloosheidskoers is reeds die laagste in baie jare op sowat 4%, vergeleke met Suid-Afrika se amptelike koers van net minder as 27%.

Amerika verhoog sy invoertariewe eensydig teen verskeie lande, soos op staal- en alumi­nium uit Suid-Afrika, voertuie uit die Europese Unie en natuurlik 'n wye verskeidenheid produkte uit China.

Benewens dat pres. Donald Trump van Amerika strydig met die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) se reëls optree, is die potensiële negatiewe impak op handelsvloei en bedrywe wêreldwyd taamlik ernstig.

Daar word toenemend gewaar­sku dat die ontwrigtings inflasie gaan opjaag en selfs die wêreld in 'n resessie gaan dompel.

Ek verwag dat baie bedrywe en ondernemings in Suid-Afrika baie swaar kan kry en selfs gaan ophou produseer.

In Suid-Afrika moet ons vroegtydig aandring op ons eie beskermingsmaatreëls, hoewel dit teen die WHO se reëls en markbeginsels indruis.



Handelsintegrasie

Die afgelope sowat 20 jaar het die werkinge van die WHO handelsbeperkings verminder en invoertariewe wyd verlaag, wat nie net handel aangemoedig het nie, maar deels gelei het tot laer wêreldinflasie en groot aanpassings in baie produksie-eenhede.

Lande het toenemend gefokus op die produkte en dienste waarin hulle 'n mededingende voordeel het, terwyl ander produkte eerder ingevoer word. Daar was grootskaalse integrasie.

Die feit is, die afgelope twee dekades het handel baie vryer geword en bedrywe wêreldwyd (ook in Suid-­Afrika) moes aanpas by toenemende invoermededinging en self internasio­naal mededingend raak.

Die bekendste voorbeeld is die Suid-Afrikaanse klere- en tekstielbedryf, wat nie staande kon bly teen goedkoop Chinese invoer nie. Derduisende mense het hul werk verloor. Werkgeleenthede is van Suid-Afrika na China uitgevoer ter wille van goedkoper klere vir Suid-Afrikaners.



Landbou

In Suid-Afrika is die landboubeheerrade in 1997 afgeskaf en is boere en verwerkers blootgestel aan die internasionale mark en invoer, wat dikwels goedkoper is as wat ons kan produseer.

Die beheerrade het invoer beheer en uitvoer gekoördineer om die mark te stabiliseer, maar dit het 'n skans tussen ons en internasionale mededinging geplaas.

Met die afskaffing van die ­beheerrade moes ons landboubedrywe aanpas.

Internasionale navorsing deur die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling en Amerika se departement van landbou wys Suid-Afrika is een van die drie lande met die minste staatsondersteuning en ons het ook van die laagste ­invoertariewe op landbou- en voedselprodukte.

Dit het oor die laaste 20 jaar noodwendig groot aanpassings geverg en grootliks daartoe bygedra dat kleiner produksie-eenhede uitgefaseer is omdat skaalbesparings nodig was om mededingend te wees.



Uitwerking van ­handelsontwrigting

Ons braaihoenderbedryf is 'n goeie gevallestudie van die uitwerking van handelsontwrigting.

In 2014 het Rusland die Oekraïne binnegeval en 'n deel beset. Die VSA en Europa het handelsanksies teen Rusland ingestel, veral ten opsigte van voedselprodukte soos vleis en hoendervleis. Gevolglik moes Amerikaanse en Europese hoenderprodusente nuwe markte soek.

Een van dié markte was Suid-Afrika, waar hulle hul hoenderboudjies en -vlerkies relatief goedkoop van die hand sit om daarvan ontslae te raak.

Goedkoop hoenderinvoer het binne twee jaar toegeneem van sowat 350 000 ton tot 550 000 ton, wat tot gevolg gehad het dat binnelandse produksie gedaal en duisende Suid-­Afrikaners hul werk verloor het.

Een van die gevolge wat ons kan voorsien van Amerika se eensydige handelsoptrede is dat daar baie produkte (uit China en Amerika) gaan wees wat “nuwe” markte moet vind.

Afrika was in die verlede 'n goeie mark om ontslae te raak van sulke produkte – wat tot groot ontwrigting lei en produksie in die invoerland vernietig tensy baie vinnig opgetree word teen die betrokke invoer.

In die verlede was dit moeiliker, want almal het probeer hou by die WHO-reëls. Dit geld nou oënskynlik nie meer nie en almal begin optree in eie belang – wat groot ontwrigting kan veroorsaak.

China voer byvoorbeeld jaarliks sowat 100 miljoen ton sojabone in as veevoer nadat die Chinese dieet van stysel as stapel in vleis as stapel verander het. Die Chinese het 'n baie intensiewe vark- en hoenderbedryf wat gebou is op sojabooninvoer van Amerika en Brasilië kragtens die ­beginsels van handelsintegrasie.

Sowat 40 miljoen ton hiervan kom van Amerika en alle aanduidings is dat China hoër invoertariewe (van 25%) op onder meer sojabooninvoer uit Amerika gaan plaas.

Amerikaanse boere is reeds besig om die soja-uitvoermark te verloor en al hoe hulle van die oorskot ontslae kan raak en in China kan meeding met Suid-Amerika, is om hul sojaboon­pryse met 20% tot 25% te verlaag.

Sedert begin Junie het ­Amerikaanse sojaboonpryse op die Chicago-termynbeurs reeds met meer as 22% gedaal, wat dan ook deurwerk na ons sojaboonmark en pryse onder aansienlike afwaartse druk plaas. Dit ­veroorsaak verdere ontwrigtings.

Dié is maar net een voorbeeld.

Moet ons bang wees vir 'n handelsoorlog?

Ek dink nogal so, veral as ons regering nie vinnig voorkomend optree nie. Dit kan baie ondernemings uit bedryf stel wat baie wyer gaan strek as net landbouprodukte.

• Prof. Johan Willemse is 'n landbou-ekonoom van Agrimarkconsultants en 'n vorige wenner van Sake se Ekonoom van die Jaar-kompetisie.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.69/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.29/BBP UP +0.88% | Platinum US$ 974.93/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.69/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.29/BBP UP +0.88% | Platinum US$ 974.93/OZ DOWN -0.0037