Weerwaak vir Zambezistreek
Die Namibiese weerkantoor het ‘n waarskuwing vir wydverspreide donderdbuie en die moontlikheid van kitsvloede vir môre (16 Desember) in die Zambezistreek voorspel.
Boonop kan snikhete temperature oor die grootste dele van die land verwag word, met die kwik wat by 40 °C op Ondangwa sal draai, terwyl die voorspelde maksimum temperatuur vir Keetmanshoop, Mariental, Oshakati en Omuthiya 39°C sal wees.
Intussen het Landwater, 'n nieregeringsorganisasie wat satellietfoto's wetenskaplik analiseer en interpreteer, gister gesê vandeesweek kan nog “ontsettend mooi én gevaarlik vir Namibië word”.
Dit omdat ‘n afsnylaag na verwagting oor Angola en Botswana gaan vorm. Hoe meer wes dié stelsel beweeg, sê LandWater, hoe meer reën sal dit vir Namibië kan bring.
“Dit is 'n ontwikkelende prent en daarom is dit vér van vas,” het LandWater gesê en bygevoeg dat sou dit egter realiseer, sal dit Namibië, Botswana asook die westelike helfte van Suid-Afrika teiken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie