Weerwaak teen hitte uitgereik
Die Namibiese weerkantoor sê die kanse op reën is besig om te verbeter in die noordwestelike dele van die land, asook in die Khomasstreek, waar geïsoleerde donderbuie tot Donderdag verwag word. Elders sal slegs enkele wolke hul verskyning maak. Mnr. Odillo Kgobetsi, die weerkantoor se hoofweervoorspeller, waarsku dat warm tot baie warm toestande van tussen 34 °C en 39 °C van vandag tot Saterdag in die binneland verwag word. Dinsdag is ‘n weerwaak teen uiters warm toestande uitgereik. Terselfdertyd word reënbuie oor die noordelike kusgedeeltes vir vandag voorspel. Foto Tanja Bause.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie