Weermaglid vas vir moord
Tanja Bause
''n Lid van die Namibiese weermag wat daarvan verdink word dat hy Sondag ''n man in ''n rivierloop in Windhoek doodgeskiet het, is in hegtenis geneem.
Die verdagte, wat glo die 44-jarige mnr. Erick Paul Dirkse in ''n rivierbed naby die Onafhanklikheidstadion in Windhoek doodgeskiet het, is Maandag omstreeks 13:00 in Otjitei naby Ondangwa deur lede van die Namibiese polisie in hegtenis geneem. Volgens ''n woordvoerder van die polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, verskyn die verdagte vandag in die landdroshof op Ondangwa, waarna hy na Windhoek oorgeplaas sal word om op ''n aanklag van moord te verskyn.
“Misdadigers moet weet die Namibiese polisie sal hulle vang wanneer hulle die wet oortree. Ons sal hulle vang, al probeer hulle weghardloop. Oortree die wet en jou dae is getel,” het Kanguatjivi gewaarsku.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie