Weermag onder skoot

Kenners is dit eens die verdedigingsminister mag nie die publiek verbied om video’s te maak nie.
Denver Kisting
Denver Kisting – Twee Windhoekse prokureurs, mnre. Trevor Brockerhoff en Dirk Conradie, sê hulle stem nie saam dat lede van die publiek wraak sal wil neem teen soldate nie.

Mnr. Penda ya Ndakolo, die minister van verdediging, het verlede week in die parlement gesê Jan en San Alleman mag geen foto’s neem of video’s maak van weermaglede tydens ’n operasie nie.

Sy verweer was dat dié beeldmateriaal gebruik kan word om wraakaanvalle op soldate van stapel te stuur “of vir sommige ander misdadige bedoelings”.

Brockerhoff het gister by navraag gesê hy stem nie saam nie.

“Sou daar geen skending van fundamentele regte wees aan die hand van die staatsmagte soos Artikel 8 (2) (van die Grondwet) verbied nie, hoekom sou daar rede vir wraak wees?”

Dié artikel lui: “Geen mens sal onderwerp word aan teistering of wrede, onmenslike of neerhalende behandeling of straf nie.”

Conradie gee Brockerhoff gelyk. “Daar kan geen sprake wees van weerwraak nie, omdat die staatsmasjinerie nie vergelyk kan word met wat tot die beskikking van die individu is nie. Hoe kan ’n instelling gehoor word om te sê hulle vrees wraak deur ’n individu?”

Hy sê sonder enige wet wat die weermag se optrede regverdig, is dié verbod ’n fout.

Boonop, sê Conradie, sulke beeldmateriaal “kan help om slagoffers (van weermaggewelddadigheid) by te staan wanneer hulle hul reg uitoefen om ’n eis vir skadevergoeding weens sulke onwettige optrede in te stel”.

Ya Ndakolo het verlede week gesê: “Deesdae kan video’s gedokter en gebruik word vir allerlei slegte bedoelings. So, lede van die publiek word gemaan om hulle te weerhou van die maak van video’s van veiligheidsmaglede tydens operasies.”

Die teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn het onlangs sy tweede slagoffer geëis – weer eens glo aan die hand van ’n soldaat.

Mnr. Benisius Kalola (32) is dood nadat hy in die rug getref is ná hy glo weggehardloop het toe die owerhede op ’n video wat hy van ’n operasie gemaak het, beslag wou lê.

Vroeër vanjaar is mnr. Fambauone “Charlie” Black, ’n 22-jarige Zimbabwiese taxibestuurder, glo ook deur ’n soldaat doodgeskiet.

Lt.kol. Petrus Shilumbu, die weermag se woordvoerder, het gister gesê hy volstaan by die minister se verklaring.

“Ek kan nie die minister se verklaring afwater nie.”

Hy het Republikein na afdeling 55 van die verdedigingswet verwys.

Dié afdeling verbied foto’s, sketse, planne, modelle en aantekeninge van persele wat vir militêre of verdedigingsdoeleindes gebruik word, of onder militêre beheer is.

Dit maak geen melding van video’s nie.

Shilumbu het sy standpunt oor afwatering herhaal toe hy gevra is of die perseel in Katutura waar Kalola geskiet is, onder militêre beheer was of vir weermag- of militêre doeleindes gebruik is.

Conradie en Brockerhoff sê dié afdeling is nie op die huidige omstandighede van toepassing nie.

“Dit is met verwysing na militêre instellings met betrekking tot die nasionale veiligheidsaspek. Video’s van die weermag wat mense slaan en ongestraf optree kan nie vertolk word om onder die verdedigingswet gedek te word nie,” sê Brockerhoff.

Conradie sê: “Die afdeling is duidelik oor wat nie afgeneem mag word nie en mense is nie deel van daardie uitsluiting nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.35/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 843.10/T DOWN -0.4% | Brent Crude Oil US$ 88.73/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 910.18/OZ DOWN -0.0062 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.77 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.76 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.35/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.52/lb UP +0.24% | Zinc US$ 2 843.10/T DOWN -0.4% | Brent Crude Oil US$ 88.73/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 910.18/OZ DOWN -0.0062