Weer voor die toekoms se deur
WILLEM DE WET SKRYF:
Hier staan ons weer voor die toekoms se deur, en wat stem ons die keer?
Nog korrupsie, nog huise. Nog beloftes en nog muise. Nog staatsvergrype en nog onbevoegde politieke retoriek?
Weer vir die narre wat ons land, en swaar verdiende belastinggeld verniel, of het ons ’n plan en iemand met siel?
Het ons die regte mense? En spesifiek mense met die wil en die wysheid om ons uit die politieke ashoop op te tel en verder te vat?
Mense wat by eie gewin kan verby kyk en ons land tot sy reg kan laat kom?
Waar is die werklike leiers wat die mileu gaan skep wat burgers gaan saamsnoer en die innerlike wil gaan wakker maak om die huidige neerslagtigheid te storm en om te draai in geleenthede en uitkomste? Wie gaan voor vat en lei?
My hart soek antwoorde, maar my kop dwarrel in wanhoop. Daar is nog koekieblikke wat moet oop en geplunder moet word en die manne staan tou om die sleutels vir die agterste rak in die spens by te kom.
Nog ’n vyfjaartermyn is nodig, om dit wat nog oor is ook te nasionaliseer en te korrupteer en dan is dit klaar. Dan is ons weer waar ons was.
Bedelaars en boemelaars met plunderaars van ander lande wat ons swakhede gaan uitbuit en van ons slawe in ons eie land gaan maak, want ons het ons eie sop self by die deur uitgegooi en ons het ons eie heil geskep.
Ons het ’n Namibiese Trump nodig wat ’n werklike, voelbare verskil kan maak aan werkloosheid, nasietrots, ekonomie en energie. Iemand wat ’n verskil wil maak en iets wil nalaat wat ’n nasie trots kan maak en nie ’n straatnaam en ’n reputasie wat jou naar maak nie.
Kom Swapo, bring iemand tafel toe waarvoor ek ook kan stem. Of het julle net koekieblikplunderaars om aan ons op te dis?
Die boodskap wat julle uitstuur is nie goed nie. Die swembadman en die huisagent staan te hoog in julle lys om vertroue in te boesem. Jul agenda is openbaar en die vrese word waar.
Viva Namibië!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie