Weer slaan twee dood
Denver Kisting – Twee mans is laat Woensdagmiddag buite Rehoboth deur weerlig doodgeslaan.
Adj.komm. Eric Clay, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, het gistermiddag gesê vyf mans het ná 17:00 by die afdraai na Klein Aub onder ‘n kameeldoringboom gestaan en wag om te ryloop.
Hoewel dit nie in daardie stadium hard gereën het nie, was dit baie bewolk, sê Clay.
“Terwyl hulle daar gestaan het, het die weerlig twee van die mans doodgeslaan.”
Die mans is by die hospitaal dood verklaar, maar Clay sê hulle het reeds op die toneel weens die impak van die weerlig beswyk.
Die oorledenes is as mnre. Kallie Diergaardt (34) en die 25-jarige Dawid Rooinasie geïdentifiseer.
Hul naasbestaandes is reeds van hul dood in kennis gestel.
Volgens Clay moes die ander drie mans vir skokbehandeling hospitaal toe geneem word. Hulle is al drie later Woensdagaand ontslaan.
Die polisiebeampte sê die weerlig het ‘n brandmerk op een van die drie oorlewendes se hemp gelaat.
Hy sê die inligting tot die polisie se beskikking dui daarop dat die mans op pad na nabygeleë plase was.
‘n Nadoodse ondersoek sal na verwagting gedoen word om die presiese oorsaak van die mans se dood te bepaal.
‘n Familielid van Rooinasie, me. Mazelda Rooi, het gistermiddag aan Republikein gesê die familie is baie hartseer. “Ons het dit glad nie verwag nie.”
Volgens Clay kom sulke voorvalle nie gereeld in dié streek voor nie. “Dit is ‘n geïsoleerde voorval.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie