W'baai se onafhanklike kandidate
W'baai se onafhanklike kandidate

W'baai se onafhanklike kandidate

Tussenverkiesings lê môre vir dié hawedorp voor.
Adolf Kaure
Adolf Kaure - Vier kandidate sal môre in Walvisbaai se stedelike tussenverkiesings teen mekaar meeding.

Swapo se me. Sirie Topulathana, die Popular Democratic Movement (PDM) se mnr. Richard Hoaeb, en twee onafhanklike kandidate, mnre. Knowledge Ipinge en Keneth Iilonga, sal dit uitspook om die raadslid vir dié kiesafdeling te word.

Volgens Ipinge, wat gekies het om onafhanklik aan dié verkiesings deel te neem, het die regerende party die gemeenskap van Walvisbaai-stedelik gefaal.

“Partypolitiek is nie meer vir my ’n oplossing op Walvisbaai se probleme nie. Dit is hoekom ek as onafhanklike kandidaat meeding. Dit is om die gemeenskap te verenig. Ek wil met almal werk – ongeag hul verskillende politieke agtergronde, rasse of gelowe,” sê Ipinge.

Hy sê hy wil die waardigheid herstel van veral dié inwoners wat in sinkhuise in mense se agterplase woon.

Volgens hom is die oplossing op die kwessie dat plaasnommer 37 aan dié mense toegeken word.

“Hoekom kan hulle nie reeds vir die mense erfnommers gee en hulle toelaat om klein fooie daarvoor te betaal nie? Die fooi kan iets wees van nie meer as N$5 000 nie – selfs as dit beteken hulle moet ’n bedrag van N$1 000 vir vooraftoekenning betaal,” sê hy.

“Indien daar sowat 3 000 erwe is wat hulle beplan om te diens, en hulle ontvang N$1 000 vir elk, sal genoeg geld ingesamel kan word om met die diensprogram te begin. Dit sou as waarborg dien dat hulle die erwe gaan kry, omdat hulle agterná daarvoor sal kan betaal,” sê Ipinge.

Dié onafhanklike kandidaat sê die Walvisbaai-munisipaliteit en die kiesafdelingkantoor kan ’n deurlopende fonds vestig om die laekostebehuisingkwessie op te los.

Hy meen werkloses moenie ontmoedig wees om aansoek vir die plotte op plaas 37 te doen nie, omdat hulle danksy entrepreneurskap die fondse hiervoor kan bekom.

“Kyk na goed soos die rooi stene wat mense maak – dit is meer bekostigbaar. Neem ander strukture soos voorafvervaardigde mure in ag om huise mee te bou. Dit is alles laekoste maniere waarop ’n huis vir sowat N$50 000 gebou kan word. Die individu sal die N$50 000 kan afbetaal met die geld wat hulle tans gebruik om die verhuring van hul sinkhuis te betaal,” sê hy.

Die ander Swapo-lid, mnr. Keneth Iilonga, wat ook as onafhanklike kandidaat deelneem, sê Swapo-lede se stryd om posisies het hom oortuig om onafhanklik te staan.

“As jy nie vriende met ander leiers of takkoördineerders in die Erongostreek is nie, sal jy nie ’n posisie kan kry nie, en dan beswadder hulle ook jou naam,” sê hy.

“Nog ’n probleem met Swapo is dat die meeste raadslede van die Walvisbaai-munisipaliteit Swapo-lede is. Hulle luister nie as jy vir hulle vrae het of as jy ’n vergadering met hulle wil reël nie. Hulle vra liewer wie jy is, waar jy vandaan kom, en wat jou posisie is,” sê Iilongo.

Volgens hom is sy hoofdoel om almal in agterplaassinkhuise in Kuisebmond, Twalokola en Tutaleni woon na plaas 37 te laat verskuif.

“Swapo sê slegs mense met geld en dié wat sement en stene kan bekostig, sal na plaas 37 mag verhuis, maar van die mense werk nie, en kan nie bekostig om sement en stene te koop nie,” sê hy.

“Wat ek wil hê, is dat almal daarheen trek, hul eie grond daar kry, en hul eie strukture daar kan oprig,” sê hy.

Volgens die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het 23 169 mense geregistreer om in die tussenverkiesing te stem.

Vaste stempunte sal tussen 07:00 en 21:00 by die Laerskool Immanuel Ruiters, die Kuisebmond-gemeenskapsaal, die Hosiana-kerk, Hoërskool De Duine, die dorp se munisipale biblioteeksaal, die Nakambale-kerksaal, die Anglikaanse kerksaal, St. Peters Katolieke kerk en die Gekombineerde Skool Duinsig oop wees.

Mobiele stempunte sal by die Narraville-polisiekantoor, die dorpspolisiekantoor, die gevangenis, staatshospitaal, Huis Palms, Kuisebmond-ouetehuis, Welwitschia-hospitaal, die mariene basis en die vlootbasis opgerig word.

Die posisie van stadsraadslid vir Walvisbaai het beskikbaar geword ná mnr. Hafeni Ndemula bedank het om sy pligte as parlementslid na te kom.

Dít nadat hy tot nommer 35 op Swapo se Nasionale Vergadering-kandidatelys verkies is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026