Waterskuld ry Walvisbaai
Inwoners met agterstallige rekeninge word versoek om reëlings te tref om te verhoed dat hul munisipale dienste afgesny word.
Leandrea Louw op Walvisbaai
Inwoners en besighede in die hawedorp skuld die munisipaliteit altesaam N$300 432 404.
Volgens me. Anita Kaihiva, die kommunikasiebeampte van die Walvisbaaise munisipaliteit, sluit dié bedrag die huidige skuld van N$38 miljoen in wat op 7 Februarie vanjaar betaalbaar was.
“’n Groot aantal van ons verbruikers werk in die visbedryf. Die meeste is seisoenale werkers wie se inkomste aansienlik wissel. Ons het ook met Covid-19 te doen en baie het hul werk verloor. Hierdie situasie beïnvloed ons posisie om skuld te bestuur.”
Kaihiva sê 'n groot persentasie verbruikers in gebiede met 'n hoë inkomste soos Langstrand en Dolfynstrand is eienaars wat elders woon en dat dié verbruikers gewoonlik nie gereeld hul rekeninge vereffen nie.
UITSTAANDE SKULD
Die waterskuld in die onderskeie gebiede was op 7 Februarie soos volg: Walvisbaai met N$119 722 536, Meersig N$16 379 426, Narraville N$22 753 20, Kuisebmond N$83 101 662, Tutaleni N$13 169 203, Langstrand N$14 419 886 en Dolfynstrand N$30 886 491.
Mnr. Trevio Forbes, die burgemeester van Walvisbaai, het op ’n raadsvergadering gesê die uitstaande skuld beloop tans N$ 416,5 miljoen. Hy het gesê Narraville skuld N$ 21 miljoen; Kuisebmond N$76 miljoen; Walvisbaai N$261 miljoen; Dolfynstrand N$261 miljoen; Langstrand N$13,2 miljoen en Meersig N$13,3 miljoen. FAKTORE IN AG GENEEMKaihiva het gesê dat verskillende faktore, insluitend waterlekkasies, die ophoping van skuld beïnvloed.
“Elke saak het sy eie meriete en word individueel hanteer, afhangende van reëlings en ander faktore.
“Weens Covid-19 is daar sedert Maart 2020 geen dienste afgesny nie. Ons het onlangs alle inwoners wat agterstallige rekeninge het in kennis gestel dat ons gaan begin om uitstaande munisipale rekeninge af te sny. Belastingbetalers word versoek om hul rekeninge te betaal of reëlings te tref om te verhoed dat hul dienste afgesny word. Inwoners wat reëlings moet tref, kan ons kredietbeheer-departement by 064 201 3226 of 201 3318 of 201 3392 kontak,” het Kahiva gesê.
Die Walvisbaai-munisipaliteit het ook 'n amnestieperiode op rente aangekondig wat geldig is vanaf 23 Februarie 2021 tot 31 Desember 2021.“Die amnestie is om kliënte te help wat sukkel om hul munisipale rekeninge te vereffen. Dit is nie daar om kliënte se kapitaalskuld af te skryf nie, maar eerder vir die kwytskelding van opgehoopte rente.”
Die gemeenskapsaktivis, mnr. Ryan Gordon, het gesê dit is hartverskeurend om te hoor en te sien dat die watertoevoer van sommige inwoners afgesny is.
“Daar is inwoners wat hul waterrekeninge wil betaal, maar dit eenvoudig nie kan doen nie omdat hulle geen bron van inkomste het nie.”Hy het gesê hulle probeer om verligting te bied aan mense wie se water afgesny is deur 25 liter-bottels met water te vul en dit aan hulle uit te deel.Gordon het gesê ’n versoek is aan die munisipaliteit gerig om die inwoners tegemoet te kom.“Die bedrag wat party inwoners aan die munisipaliteit skuld, is groot (tussen N$15 000 en N$25 000). Die inwoners voel dat van hierdie skuld afgeskryf moet word. Al wat ons vra, is dat hulle kyk na die installering van voorafbetaalde watermeters en indien moontlik die totale of 50% van pensioenarisse se waterskuld afskryf. Die ander 50% kan verhaal word deur N$15 van elke N$100 af te trek wanneer dié wat skuld het, water koop.” Gordon het ook die inwoners wat betalings kan doen, aangemoedig om dit te doen. “Betaal wat u kan sodat die munisipaliteit kan sien dat betalings gemaak word, al is dit hoe klein.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie