Wateronderbrekings in Maraboestraat, Hochlandpark
‘n Pyp deel van die waternetwerk in Maraboestraat in Hochlandpark het vanoggend gebars en veroorsaak watertekorte in dié straat, sowel as die strate wat hieruit vertak.
Volgens die Windhoekse munisipaliteit is sy onderhoudspan op die toneel om die nodige herstelwerk te doen en watertoevoer te herstel. ‘n Tenk met ‘n 1 000 liter water is intussen op die hoek van Maraboe- en Robinstrate geplaas waar geraakte inwoners water vir huishoudelike gebruik kan gaan haal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie