Waternood ry Groot Aub
Jeanette Diergaardt
Gedeeltes van Groot Aub was volgens inwoners vir ’n volle twee weke sonder water, terwyl ander dele van die nedersetting vir hoogstens twee dae waterloos was.
Die watertekort wat Groot Aub in die gesig gestaar het, het volgens ’n mediaverklaring net vir agt dae geduur. Dit was uitgereik deur mnr. Robert Kahimise, die uitvoerende hoofbeampte van Windhoek se munisipaliteit (CoW).
Watertoevoer aan elke deel van Groot Aub is op 28 Julie herstel.
Die munisipaliteit se projekkoördineerder vir Groot Aub, mnr. James Kalundu, beweer die inwoners se klagte oor agt dae is ’n oordrywing. Sekere gedeeltes wel sonder water, erken hy, maar nie vir agt dae aaneen soos wat die verklaring sê nie. Hy beklemtoon dat wanneer een gebied nie water gehad het nie, sou daar water by ’n ander gebied wees.
Inwoners van die Oshakati-gebied in Groot Aub beweer hulle was vir ’n volle twee weke sonder water. Oshakati lê laer as die ander gedeeltes. Die waterdruk van die hoofwaterreserwetenk is nie sterk genoeg om water aan al die gebiede te verskaf nie en hierbenewens is daar ook lekkasies aan die tenk.
Kalundu sê dit sal goedkoper wees om ’n nuwe reserwetenk te bou as om die tenk te herstel. Een van die twee groot reserwetenks word nie meer gebruik nie, want dit kan nie meer die water suiwer nie. Sekere inwoners het ook oor die vuil water gekla.
In die meeste gevalle moet inwoners na die Eiland-gebied ry om hul watertenks vol te maak. In vele gevalle het inwoners egter nie vervoer om water te gaan haal nie.
Daar is blykbaar ook ’n roteringsbasis waarop die inwoners water kry, maar van die inwoners weet nie wanneer dit hul beurt is om water te kry nie. Dikwels los hulle ’n kraan oop sodat hulle kan weet wanneer die water eendag opdaag.
Sedert die koms van die coronavirus betaal geen inwoner van Groot Aub vir munisipale dienste nie. Kalundu sê wanneer die water elke dag vir 24 uur beskikbaar gaan wees, sal inwoners daarvoor moet begin betaal.
Daar is tans ses werkende boorgate op Groot Aub, plus twee nuwes wat glo binnekort gereed sal wees. CoW het sewe watertenks wat 10 000 liter water dra, na die nedersetting gebring toe die eerste Covid-19-geval in Namibië uitgebreek het. Die nuwe tenks is strategies geplaas waar daar geen toegang tot die waternetwerk is nie.
CoW het sedert 2017 Groot Aub van die Khomas-streekraad oorgeneem. Sedertdien is blykbaar vyf boorgate geboor, met twee nuwes aan die kom.
Eienaars van plase aan die buitewyke van Groot Aub boor vir hul eie water.
Kalundu sê: “Vir te lank het ons negatiewe publisiteit toegelaat. Dit is tyd dat die publiek sien wat ons alles vir Groot Aub doen.”
Amptelike dokumentasie is aan Republikein belowe wat uiteensit hoeveel kapitaal in Groot Aub ingegaan het sedert CoW die bestuur daarvan oorgeneem het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie