Waterkrisis op Tses

Leerlinge dreig om stappe teen 'n nedersettingsraad te doen.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Jong leerlinge van die Junior ­Sekondêre Skool St. Theresa het 'n optog na die kantore van Tses se nedersettingsraad gelei om hul misnoeë te kenne te gee oor streng waterbeperkings wat die afgelope twee weke by die skool se koshuis geld.

Sou die nedersettingsraad nie 'n oplossing vir die situasie en die ­waterkrisis vind nie, gaan die leerlinge by die kantoor van die om­budsman vir ingryping aanklop, sê hulle.

Die raad het opdrag gegee dat die koshuis sedert die skool op 13 Mei geopen het net van 08:00 tot 09:00 toegang tot water het.

Die kopsere met water het reeds in 2017 begin en verlede jaar het die ||Kharasstreek se direktoraat van onderwys 'n tenk van 10 000 liter aan die skool verskaf. Dié tenk is nou leeg.

Die leerlinge sê in hul petisie die nedersettingsraad het die tenk tot dusver nie weer volgemaak nie.

St. Theresa se skoolhoof, me. Pauline Kruse-Vries, sê die Rooms-Katolieke kerk op die dorp help die koshuis deur water uit hul private boorgat aan die koshuis te verskaf.

Die leerlinge sê in hul petisie hulle moet soggens, smiddae en saans water by die boorgat gaan haal.

“Ons gaan haal water om dit vir bad, skoonmaak, wasgoed en ook kosmaak te gebruik. Nie al die koshuisleerlinge het houers om water vir dié doeleindes te gaan haal nie,” lui die petisie.

Volgens die leerlinge is dit ook nie veilig om die koshuis vroeg soggens of saans te verlaat nie. Een van die leerlinge is glo ook beseer toe sy gaan water haal het. Die leerlinge sê die situasie by die koshuis raak al hoe meer onhigiënies en hou 'n gesondheidsrisiko in.

Die watertekort is ook deur die skool se bestuur en raad onder die loep geneem, maar tot dusver het die nedersettingsraad volgens die leerlinge nog nie aan enige besprekings deelgeneem nie.

“Ons is leerlinge en moenie ly weens 'n tekort aan watervoorsiening deur die nedersettingsraad nie. Ons kan nie voortgaan om skool by te woon as daar nie 'n doeltreffende oplossing vir die probleem is nie. Dit raak ons opvoeding en ons gesondheid,” lui die petisie.

Die nedersettingsraad kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.64 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 314.59/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0125 | Zinc US$ 2 910.50/T DOWN -1.47% | Brent Crude Oil US$ 82.96/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 968.69/OZ DOWN -0.0101 #N/A