Waterkrisis by Katutura 'dalk sabotasie'
Henriette Lamprecht - Die toedraai van 'n klep wat enige watertoevoer na die Katutura-hospitaal afsny, is gister deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste as moontlike sabotasie beskryf.
Dié hospitaal was die naweek waterloos, nadat toevoer weens die toegedraaide klep drooggeloop het.
Twee waterpype uit verskillende voorsieningspunte word beide deur dié klep beheer wat vermoedelik reeds 'n geruime tyd toe was. Die probleem is egter eers met 'n ter plaatse ondersoek ontdek toe geen water meer uit ondersteuningsdamme by die hospitaal beskikbaar was nie.
Volgens dr. Bernard Haufiku bestaan geen veiligheidsmaatreëls om iemand te verhoed om dié klep toe te draai nie.
“Iemand het dit toegedraai. Hoekom en of dit met opset was, kan ons net oor bespiegel,” het Haufiku gesê.
Volgens die minister het die hospitaal opgaartenks met sowat 105 ton water as ondersteuningstelsel beskikbaar.
“Die watertenks het egter leeggeloop, met geen boodskap wat deurgestuur is dat dit leeg is en moet ophou water pomp nie. Die gevolg was dat die pomp uitgebrand het.”
Haufiku het met verwysing na die waterkrisis kommunikasie en verantwoordbaarheid in die hantering van die situasie uitgesonder.
Volgens die minister was dr. Fady Ashmawy, die hospitaal se mediese superintendent, Saterdag uitstedig toe alarm oor die watertoevoer gemaak is. Iemand is egter aangewys om tot Ashmawy se terugkeer vir hom in te staan en sy pligte tydelik oor te neem.
“Die persoon kan nou egter nie onthou dat hy of sy as bystand in diens moes wees of dat enige versoeke in dié verband aan hom of haar gerig is nie. Dit bring ons by kommunikasie en verantwoordbaarheid.”
Hy het beklemtoon sekere maatreëls sal voortaan gevolg word om te verhoed dat so iets weer sou gebeur.
Dié maatreëls sluit 'n slot aan die klep in met net sekere mense wat toegang tot die sleutel sal hê. Ook sal die klep minstens twee keer 'n week besoek word om te verseker alles is steeds in orde.
Nog 'n oplossing is om 'n klep aan elk van die twee voorsieningspype te verskaf om te verseker dat sou die een klep nie werk nie, watertoevoer steeds beskikbaar is.
Ook moet die klep so gestel word dat die pompstelsel stop wanneer die opgaartenks leeg is. Die opgaartenks was gister weer reeds 80% vol.
Die onderhoud en herstel van die waterpype is die verantwoordelikheid van die Khomas-streeksraad, met die ministerie van werke en vervoer wat glo bloot raad gee en toesig hou oor kwessies wat met tegniese aangeleenthede verband hou. Enige herstelwerk is die verantwoordelikheid van en vir die begroting van die streeksraad en die ministerie.
“Duidelikheid oor wie watter rol het, is nodig.”
Intussen het dr. Ashmawy beklemtoon geen teater was gesluit of enige operasies afgestel in die tydperk wat die hospitaal sonder water was nie.
“Geen prosedure is gekanselleer nie, inteendeel, noodprosedures is die naweek soos gewoonlik uitgevoer,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie